kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Meghan Markle: Prinses Persoonlikheid

Deur Christiaan J. de Swart. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lady Diana Spencer was seker die wêreld se geliefdste prinses. En nou het die ontslape prinses van Wallis en prins Charles se jongste seun, Henry Charles Albert David, oftewel Harry (33), ’n vrou gevat wat soos sy ma destyds, reeds die prinses van mense genoem word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar Harry se toekomstige prinses, Rachel Meghan Markle (36), is nie ongerep en adellik nie. Die Britse poniepers tref vergelykings tussen haar en prinses Diana. Maar sy word veral vergelyk met Wallis Simpson, die geskeide Amerikaanse vrou en sosiale vlinder wat koning Edward VIII se kroon onder hom uitgeslaan het. Hy was verplig om voor hul troue in 1937 sy kroon prys te gee en te abdikeer. Die Britte het haar nooit vergewe of aanvaar nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meghan, die ánder Amerikaner in ’n Britse sprokie, is in Los Angeles, Kalifornië gebore en het in die View Park-Windsor Hills-buurt, wat ook Black Beverly Hills genoem word, grootgeword. Haar ouers is geskei toe sy ses was. Haar pa, Thomas (van Kaukasiese afkoms), is ’n beligtingregisseur in Hollywood en haar ma, Doria Radlan (’n Afro-Amerikaner), is ’n joga-instrukteur en maatskaplike werker.

Meghan is Protestants grootgemaak en het in ’n Katolieke skool skoolgegaan. Sy het ’n graad in teater en internasionale betrekkinge aan die Northwestern University verwerf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meghan en die rolprentvervaardiger Trevor Engelson het mekaar in 2004 ontmoet, hulle het in 2010 verloof geraak en is op 10 September 2011 in Jamaika getroud. Net meer as honderd gaste het die seremonie, wat binne 15 minute verby was, bygewoon. Die twee is in 2013 weens “onversoenbare verskille” geskei.

En nou word Meghan, veral bekend as Rachel Zane in die gewilde TV-reeks Suits, die eerste Amerikaner wat amptelik die titel Her Royal Highness verwerf. Al is sy bloot ’n “commoner”.

Meghan het verlede Desember op sosiale media geskryf mense stel meer in haar gemengde afkoms as in haar deugde belang. “Ek is half-wit en half-swart – ’n werklikheid wat mense se persepsies beïnvloed. Ek omarm my gemengde afkoms. Daarom sê ek wie ek is, deel waar ek vandaan kom, en spreek my trots daaroor uit dat ek ’n sterk, selfversekerde vrou van gemengde ras is. ’n Mens skep die identiteit wat jy vir jouself wil hê – nes jou voorouers gedoen het toe hulle hul vryheid gekry het.”

Meghan het reeds heelwat opgeoffer op pad na die Britse koningshuis. Sy het Suits ná sewe jaar verlaat en sy het haar agent opdrag gegee om nie meer vir haar werk as aktrise te soek nie. (Nes Grace Kelly wat haar loopbaan op 26 beëindig het toe sy met prins Rainier III van Monaco getroud is.) Megan het ook haar leefstylblog, The Tig – oor kos, reis en mode vir kieskeuriges – en haar Instagram-rekening gesluit. En sy moet voor die troue gedoop en in die Anglikaanse kerk aangeneem word.

Haar grootste uitdaging is dalk die koninklike protokol.

Alle aanduidings is dat prins Harry en Meghan se troue op 19 Mei nie so vol prag en praal soos prins William en Kate Middleton se bruilof in 2011 in die Westminster-abdy sal wees nie.

Waarnemers meen die seremonie in die St George-kapel by die Windsor-kasteel sal wys hoe ver die Britte in agt dekades gevorder het, en of hulle ontvankliker vir inkommers is – veral as protokol bedreig word.

Daar word bespiegel dat Meghan dalk ’n wit trourok sal vermy en eerder ’n sjampanje- of ivoorkleurige skepping sal dra.

Harry en Meghan het besluit dat die sjef Claire Ptak die troukoek moet bak: ’n suurlemoen-en-vlier-blomkoek wat die geure en kleure van die lente sal vasvang.

Daar gaan glo twee onthale wees. Die pasgetroudes sal wel in pas met tradisie tussen die onthale in ’n koets deur die strate van Windsor ry.

Wie saam met Meghan kansel toe gaan stap, is in die stadium nog nie ’n uitgemaakte saak nie. Maar Meghan gaan glo van die tradisie afwyk en ’n liefdevolle huldeblyk lewer.

Daar sal mirre in die bruidsruiker wees, na die koninklike tradisie wat uit 1840 dagteken toe koningin Victoria met prins Albert getroud is. En dalk ook ’n daglelie, ter ere aan Harry se ma, prinses Diana, en selfs Meghan se gunstelingblomme: pinksterrose. Daar word ook gegis dat sy darem nie die een koninklike tradisie – om ’n tiara te dra – sal verbreek nie. En helaas, daar gaan geen soen op die balkon wees nie … Nié omdat die twee onromanties is en die sprokiesgevoel wil omseil nie, maar bloot omdat die Windsor-kasteel nie ’n balkon het nie!

Meghan het verlede jaar in ’n eksklusiewe onderhoud (wat prins Harry en die Kensington-paleis goedgekeur het) met die tydskrif Vanity Fair vertel hoe verlief en gelukkig sy en die rooikopprins is. Maar sy het ook erken hoe ingrypend haar lewe verander het sedert hulle mekaar via gemeenskaplike vriende in Junie 2016 in Toronto, Kanada, ontmoet het. Én mekaar ’n geruime tyd voor hul amptelike verlowing in die geheim bekoor het.

Prins Harry en Meghan het haar 36ste verjaardag verlede jaar in Botswana gevier, en hy het haar die jawoord tydens ’n braaihoender-aandete gevra. Kort daarna het sy haar eerste amptelike koninklike geskenk gekry: ’n voorskoot! Hulle het op 27 November 2017 verloof geraak met ’n ring wat koningin Elizabeth II se gunsteling-juwelier ontwerp het. Die hoofsteen, wat van Botswana kom, pryk in ’n band van geelgoud, omring deur twee diamante uit prinses Diana se persoonlike juweelversameling.

In die Vanity Fair-onderhoud sê dié uitgesproke feminis prontuit: “Niks aan my het verander nie. Ek het nog nooit toegelaat dat ’n verhouding bepaal wie ek is nie.” En, het sy bygevoeg: “Ek is mal oor ’n mooi liefdesverhaal.”

Ja. Harry se ouma, koningin Elizabeth II het dié huwelik geseën. Dalk het daardie foto van een van Meghan se honde met ’n truitjie waarop die Britse vlag pryk dié monarg se hart versag.

Wat dink invloedryke Suid-Afrika-ners van dié ánderste prinses?

Meghan laat my aan ’n prinses dink soos prinses Diana: tydloos, elegant en met ’n tikkie waaghalsigheid. Met Harry aan haar sy sal sy die koninklike druk goed kan hanteer, veral omdat hy nie so styf soos ouma Elizabeth en oupa Philip is nie,” meen die modeontwerper Anél Botha.

Anél het Suid-Afrika se Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, in ’n unieke uitrusting geklee met materiaal wat sy self vervaardig het. “Harde werk inspireer my. Dit maak drome waar!”

Van klere-protokol kan jy Anél min vertel. “Die vereistes vir Mej. Heelal verg ’n sexy, maar gesofistikeerde styl, skitterend én uniek. Die ontwerper se visie moet die titeldraer se persoonlikheid en skoonheid komplementeer. Sy drá die rok, nié die rok haar nie.”

Sy wys daarop dat Meghan mooi gebou is, maar nie ’n gedefinieerde middel of kuite het nie. “’n Gordel om haar middel sal haar lyf die beste aksentueer en rompies wat net óp of onder die knie sit, sal haar bene vlei. Sy kan gerus met vertroue eksperimenteer en waag, selfs met hoede!”

Hannon Bothma, die skoonheidskundige en aanbieder van kykNET se leefstylprogram Glam Guru, sê hy twyfel of Meghan werklik besef wát haar gaan tref wanneer sy prinses word. “As jy moet oordeel aan hoe die koninklike familie prinses Diana uitgesluit het, dan dink ek nie dit gaan vir Meghan enigsins makliker of beter wees nie. Maar, soos Diana, is sy by die werkersklas gewild, as ’t ware hul verteenwoordiging in die paleis.”

Hy meen sy gaan aanvanklik van al die aandag hou, maar sal spoedig agterkom dat sy hiér nié die hoofrol speel nie. “Sy sal nog leer dat sy elke voetjie moet neersit soos van haar verwag word en sal gou besef dat sy baie min vryheid het.”

Hannon sê Meghan het ’n jong en sexy kleresmaak wat sy stylvol dra sónder om uitlokkend te lyk, maar sy hét skoonheidsuitdagings. “Haar veltipe ontwikkel vinnig pigmentasievlekke. Haar belangrikste velsorgproduk moet beslis ’n breëspektrum-sonblokvogroom wees.”

Die modeontwerper Gert-Johan Coetzee meen prins Harry het in Meghan iemand wárm gekry wat nie bang is om haar menings te lug en haar gevoelens te wys nie. “Ek dink sy is perfek vir dié prins wat nog altyd omstrede was. Prins Harry gedra hom die meeste van die tyd, maar ’n mens kan sien daar is ’n regte vlees-en-bloed-mens onder die titel. Hy lyk soos iemand wat nie sal kan huishou met ’n vrou wat net smile en wave nie.”

Gert-Johan het agting vir mense wat altyd getrou aan hul herkoms bly en ’n positiewe invloed op ander se lewe het.
Hy sê ooreenkomste tussen Meghan en prinses Diana het prins Harry se hart verower. Meghan straal ook medemenslikheid uit.

Liefdadigheid is vir haar belangrik en sy is nie bang om haar emosies te wys nie. Sy het beslis ook ’n rebelse streep – nes Harry én Diana. “Ek dink nie sy sal hom of die koninklike reëls toelaat om haar lewe te oorheers nie. Ek glo sy sal in die openbaar ‘reg’ optree.”

Hy sê sy is klassiek, probeer nie aandag trek nie en handhaaf ’n perfekte balans tussen gemak en styl. “Meghan is wel nie ’n tipiese sprokiesprinses nie, maar sy gaan gewis die persepsie oor ‘koninklike’ drag en gedrag verander. Sy wys sy is menslik!”

Lees ook: Meghan Markle se stylevolusie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: celebs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.