Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Gooi die laaste laag bessies net voor opdiening oor.
2 pakkies tennisbeskuitjies, grof gekrummel
500 g (2 houers) mascarponekaas
500 ml (2 houers) room
125 ml (½ k) strooisuiker
1 vanieljepeul, gehalveer deur die lengte (opsioneel)
250 ml (1 k) aarbei coulis (sous) of 250 ml
(1 k) vars aarbeie, gesny en sag gekook in 125 ml (½ k) appel-of aarbeisap en dan fyngemaak in ’n voedselverwerker of met ’n vurk
500 g vars aarbeie, gehalveer
250 g verskeidenheid vars bessies of nog aarbeie
Instructions
1 Pak die helfte van die beskuitjies onder in ’n 2 L-glasbak. 2 Klop die mascarpone, room en strooisuiker saam tot glad en dik met ’n elektriese klitser. Krap die vanieljesaadjies van die peul af en meng deur die mascarponemengsel. Skep een lagie oor die beskuitjies maar nie alles nie. 3 Skep ’n lagie van die aarbei coulis oor gevolg deur ’n laag vars aarbeie. 4 Herhaal die lae. Skep die laaste van die mascarponemengsel bo-op en tooi met bessies.