kategorieë: Leef gesond

Menopousale vroue: bly koel oor persoonlike hormoonpille

Verpersoonlikte hormoonterapie vir die menopouse klink wonderlik! Jy laat hormoonpille opmaak volgens jou eie, unieke hormoonprofiel. Dit werk van die eerste dag af perfek, en jy sukkel nie met newe-effekte nie. Geen ekstra gewig. Geen hoofpyn. Geen naarheid. Geen menstruasie. Nie eens ’n miniskule risiko dat jy dalk beroerte of borskanker kan kry nie. En jy verouder ook nie. Geen plooie vir jou nie. Jou brein bly so skerp soos jou kinders s’n. Jou gemoed is so lig soos ’n verliefde tiener s’n. Jy blom … Maar lees verder aan die hele storie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jammer om jou seepbel te prik. Al kan die werklikheid baie naby hieraan kom, moet jy ook realisties wees. Daar ís risiko’s … en soms sommer plein bedrog. Dit is belangrik dat jy nie naïef almal vertrou wat nou op daardie goue wa van persoonlike hormoonterapeute spring nie. Wees oopkop en sien om na jou eie belange. Kyk veral hierna:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Prys van hormoonterapie

Prys is ’n nadeel. Jy kan verwag om te betaal! Jou mediese fonds gaan nie, maar as jy werklik nie goed aanpas op standaard hormoonterapie nie, kan jy vra dat hulle ’n deel betaal. Massavervaardiging ís goedkoper – en gelukkig werk dit vir die meeste van ons in elk geval goed. Moenie jou sommer net in verpersoonlikte hormoonterapie laat inpraat nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Geen beskerming teen wetenskapbedrog

Ten minste een groot farmaseute word jaarliks uitgevang dat hulle bedrog pleeg en medisyne veiliger en/of suksesvoller verklaar as wat dit is, soos die Indiese Semler-maatskappy, in April 2016.

Navorsers sélf is soms oneerlik. Die Amerikaanse Office for Research Integrity het tussen 2012 en 2015 36 navorsers uitgevang wat opsetlik met resultate gepeuter het. Skandalig soos bedrog is, is dit tog gerustellend dat navorsingsbedriërs uitgevang word. Dit beteken ten minste daar is stelsels in plek wat navorsers monitor en, tweedens, dat die stelsels werk. Al is sulke stelsels feilbaar, gee dit ons darem ’n bietjie beskerming.

  • ’n Navorser kan vir ’n tydjie daarmee wegkom, maar sy resultate word gepubliseer en deur ander navorsers geëvalueer.
  • Net so met die formele farmaseutiese bedryf. Hulle word gemonitor deur organisasies soos die WGO, FDA en NHS. Hulle moet ’n lisensie hê om medikasie te kan maak en verkoop – en kan dit verloor as hulle uitgevang word.

Klein samestellende aptekers val egter buite hierdie netwerk. Hul aansprake word deur niemand getoets nie. Jou enigste waarborg is menslike integriteit …

3 Standaardmedikasie word goed gemonitor, maar verpersoonlikte hormooonterapie nie

Farmaseute kan hul medikasies op die mark sit eers nadat dit deur voorgeskrewe fases gegaan het wat bewys dat dit nie net doeltreffend is nie, maar ook veilig. Daarna bly elke medikasie permanent onderworpe aan ’n verpligte wêreldwye rapporteringstelsel wat newe-effekte monitor.

Maar wie monitor ’n vervaardigende apteker en die dokter wat sy eie voorskrifte uitwerk? Jy het net hul woord dat hul pasiënte gesond word. Hulle hoef nie statistieke bymekaar te maak oor mense wat newe-effekte of komplikasies ontwikkel of sterf nie. As jy staak omdat hul hormoonterapie jou net so sleg laat voel as die standaardformules, gaan hulle nie eers weet dat dit nie werk nie. Al sterf tien uit elke honderd van hul pasiënte aan borskanker, gaan hulle nie dink dat dit met hul medikasie te doen het nie. (Net vier uit elke duisend vroue wat op farmaseutiese hormoonterapie is, kry borskanker.)

4 Hoe weet jy wat is alles in jou verpersoonlikte hormoonpil?

Die groot farmaseute word geïnspekteer en moet op aanvraag kan bewys dat elke pakkie hormoonpille wat hulle verkoop, dit bevat wat op die etiket staan.

In teenstelling hiermee het jy net die woord van die saamstellerapteek dat dit medikasie bevat wat hulle sê daarin is. Hulle vervaardig hul medikasie as voedingaanvullers – en omseil só alle wetgewing oor medikasie. Hulle is aan niemand verantwoordbaar nie, en word nie roetinegewys geïnspekteer nie. Die medikasie wat hulle vir jou opmaak, word sonder enige eksterne inspeksie na jou gepos.

Apteke met integriteit beskerm hul goeie naam deur self te sorg vir goeie produkte, maar hierdie bedryf is berug vir kansvatters, wat wegkom omdat ons wetgewing hieroor nie sterk is nie.

5 Vervaardigingstandaarde kan laag wees – en jy sal nie weet nie

• Wat van higiëne? In 2012 is 64 mense in die VSA dood nadat hulle steroïedinspuitings gebruik het wat met ’n swam besmet is by die vervaardigende apteek.

• Die groot farmaseute word verplig om absolute higiëne te handhaaf en hul produkte van begin tot einde te monitor. Jy hoor werklik selde van enige besmetting.

• Farmaseutiese maatskappye het gehaltebeheerstelsels in plek, en hulle moet klaarvervaargdigde produkte bly monitor. Hulle moet ook weet waar elke pakkie medikasie is, sodat hulle besendings kan onttrek as ’n probleem opduik.

• Maar wie hou rekord van die saamstellende apteek se produkte? Jy kan iets terug gee maar daar is nie ’n oorhoofse stelsel in plek wat alarms laat afgaan as meer as net een persoon kla nie.

6 Foute kan inglip sonder dat iemand weet

Foute is nog ’n risiko. In die grootskaalse farmaseutiese fabrieke is die kans op foute uiters gering, al is dit net omdat die proses gemeganiseerd is.

’n Vervaardigende apteker wat op sy eie werk, oorval is met werk of dalk moeg is, sal vroeër of later ’n fout maak. Dalk het jou oorwerkte dokter sélf ’n fout met sy voorskrif gemaak … en niemand sal weet nie.

7 Sukses van verpersoonlikte medikasie nie objektief geëvalueer nie

Standaardformules is gebaseer op wye navorsing oor ’n minimum van 20 jaar. Die sterktes en kombinasies word gekies om die minste moontlike komplikasies te veroorsaak. Sonder om tegnies te raak, weet ons dat ’n middel die doeltreffendste werk by ’n spesifieke dosis. Te veel kan toksies wees; te min doen niks nie. Party middels werk net as dit saam met iets spesifiek gekombineer word. Soms is te min net so gevaarlik soos te veel, en so aan.

Maar verpersoonlikte medikasie word saamgestel deur ’n dokter of apteker wat ‘voel’, ‘dink’, ‘vermoed’ of ‘uit persoonlike ondervinding weet’ hoeveel sal werk. Niks en niemand meet objektief hoe suksesvol sy oordeel is nie. Hy kan jou oorbehandel of onderbehandel, met al die risiko’s daaraan verbonde.

8 Verpersoonlikte medikasie is ’n teelplek vir onwetenskaplike aansprake

Die konsep van verpersoonlikte medikasie leen hom daartoe dat ongeregverdigde aansprake as wetenskaplike feite voorgehou word. Hoeveel van ons is opgelei om navorsing te evalueer? As iemand hom as ’n kenner voordoen en met selfvertroue sê dat x, y en z wetenskaplik bewys is, dat daar baie navorsing daaroor is of dat die waarheid van die publiek weggehou word deur ’n sameswering van een of ander bose gesagstruktuur, is ons nie toegerus om sulke stellings te evalueer nie. Daarom weet ons nie wat om te antwoord as iemand sê dat natuurlike hormone veiliger is as fabriekvervaardigde hormone nie, al is laasgenoemde identies aan jou eie hormone.

Al waarop ons kan staatmaak, is dat plante gesonder klink. Jy word immers elke dag aangemoedig om groente te eet en onnodige chemiese stowwe te vermy. Geen wonder jou natuurlike aanvoeling is om te dink dat planthormone so heilsaam soos groente is en dat sintetiese hormone ekwivalent aan onkruiddoders is nie.

Feit is, jy is nie ’n plant nie. Planthormone is dus nie natuurlik vir jou nie. En die feit dat iets in ’n fabriek vervaardig word, maak dit nie noodwendig chemies en giftig nie.

Verder mag die farmaseutiese bedryf nie aansprake op veiligheid of doeltreffendheid maak as hulle dit nie kan bewys nie, terwyl persone buite die farmaseutiese bedryf nie deur dieselfde wette gebind word nie.

9 Persoonlike medikasie kom sonder ’n pamflet

Dit word aanvaar dat mense sowat 5% onthou van wat ’n dokter vir hulle sê – jy is immers siek en onder stres. As jy soos die meeste mense is, het jy teen die tyd dat jy by jou huis instap al klaar vergeet wanneer jy jou pille moet drink en wat jy nie daarmee saam mag of juis moet doen nie.

Dit is waar die pamflet inkom. Al het jy alles vergeet wat jou dokter gesê het, kan jy agterna in groot detail gaan lees hoe jy dit moet gebruik, wat die risiko’s is, watter newe-effekte daar is, wat jy moet doen as komplikasies intree, en so meer.

Verpersoonlikte medikasie kom óf sonder ’n pamflet óf met ’n basiese pamflet met minimale inligting. As jy onverwagte simptome ontwikkel, het jy en die dokter wat jou moet help altwee bitter min inligting oor wat in die medikasie is en wat vir komplikasies aanbeveel word.

10 Persoonlike hormoonpille as jou eie statussimbool … maak nie saak wat dit jou kan kos nie

Hype bly ’n probleem. Jy is so spesiaal dat jy iets meer as ander verdien. Jy kan beter bekostig. Daar is niks mee verkeerd nie, maar pasop dat dit meebring dat jy misbruik word of dat daar op jou gevoelens gespeel word dat dit ‘beter’ is, as jy dit nie kan bekostig nie.

Lees ook

Hoe hormone jou beïnvloed

Jou tiener se hormone en haar vel

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.