kategorieë: Gesondheid

Menopouse: antwoorde op jou kwelvrae

Is ek al daar?

Elna (46) en Trudie (62)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het ’n histerektomie gehad, maar my eierstokke behou. Ek het geen simptome van die menopouse nie. Is ek al daardeur sonder dat ek dit besef het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suzanne (47)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kan ek vir die menopouse laat toets? Die menopouse begin gemiddeld op 53 maar kan enige tyd in jou veertig- of vyftigerjare begin. Hoe weet jy? Bloot op grond van die bekende tekens. Ongereelde of geen verdere menstruasie (as jy nog jou baarmoeder het) en gloede is die opvallendste, maar daar is ’n rits ander, soos gewrigspyne; jou blaasbeheer neem af, al gereelder urinering; jou vel raak minder elasties en jy kry maklik bloukolle; jy sit gewig aan, spesifiek om jou middel; jy’s minder skerp en sukkel om te konsentreer en te onthou; jou gemoed skommel van huilerigheid na angs na buierigheid; jou libido neem af (’n klein persentasie vroue ervaar ’n sterker seksdrang); jy sukkel met vaginale droogheid en pyn tydens seks, en bereik selde ’n orgasme. Dis onnodig om vir die menopouse te toets, maar ’n FSH-toets is beskikbaar en word gebruik om ’n ongewoon vroeë menopouse te bevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vroeg uitgeboul

Connie (52) en Madeleen (40)

Wat is ’n vroeë menopouse? Kan dit ’n vroeë menopouse wees as ek ewe rustig sit en dan begin my gesig soos ’n oorryp tamatie gloei? Ek voel of ek van binne kan ontplof maar geen sweet slaan uit nie? Ons reken 40 – 45 as vroeg, 45 – 55 as gemiddeld en 55 – 60 as laat. Jou lewensduur hou nie verband met hoe vroeg of laat jou menopouse begin het nie.

Kan ek vryspring?

Anneke (49)

Ek het op 42 ’n histerektomie gehad. Ek het gedink ek gaan dan geen menopouse hê nie, maar nou kry ek gloede?

Martie (51)

Ek het wisselvallig begin menstrueer en toe begin stap. My maandstondes het teruggekom. Kan jy die menopouse uitstel? ’n Volledige histerektomie, met ander woorde jou baarmoeder en eierstokke is verwyder, plaas jou onmiddellik in die menopouse. Met ’n gedeeltelike histerektomie, met ander woorde jou eierstokke is behou, sal jy ’n normale menopouse soos alle ander vroue ervaar. Jy gaan daardeur, ongeag of jy kinderloos was, baie of min kinders gehad het, miskrame gehad het, ’n aborsie gehad het of lewenslank ’n maagd was. Sekere faktore kan bydra dat jy vroeër of later begin: rook vervroeg die menopouse met gemiddeld drie jaar; fikse vroue begin later; oorgewig en ondergewig vroue begin vroeër. Maar jou fisiologiese samestelling bepaal maar eintlik hoe jou menopouse verloop. Menstruasie wat kom en gaan, is baie tipies van die vroeë menopouse – oefening sal dit nie verander nie. ’n Woordjie van waarskuwing: menstruasie ná ’n jaar of langer in jou menopouse is ’n ernstige, lewensgevaarlike waarskuwingsteken. Gaan dadelik dokter toe.

Warm mammas

Alta (50)

Verklaar asseblief vir my ’n gloed? Kan medisyne dit wegneem? Jou hormoonverandering gooi jou temperatuurbeheermeganisme deurmekaar, en tot jou liggaam daarby aanpas – indien ooit – ervaar jy ’n ongemak wat van binne af kom. Baie vroue raak bloedrooi. Min vroue sweet tydens ’n gloed, hoewel hulle veral snags van ’n nagsweet wakker word. Jy kan van enkeles per maand tot ses per dag ervaar oor ’n tydperk van ’n paar maande tot dekades. Elke vrou het haar eie patroon. Vroue met ligte gloede hanteer dit maklik, maar vroue wat ontsettende en selfs angswekkende gloed op gloed kry, kry baie swaar sonder medisyne. Hormoonterapie (HT) is die beste bewese medisyne. Kruiehulp word steeds as ’n placebo beskou. Daar word ook nou geglo dat Oosterse vroue vanweë hul genetiese samestelling soja-estrogeen effens anders as Westerse vroue metaboliseer. Hierdie terapie is vir hulle doeltreffender as vir ons. Party vroue ervaar dat koffie, wyn, gekruide kos en sjokolade gloede vererger. Let op of jy iets aan jou gloede kan koppel en skakel dit uit.

Móét ek HT gebruik?

Jennilee (55)

My dokter het vir my vyf jaar gelede HT voorgeskryf maar ek gebruik dit nie. Ek kry net so een keer per maand vir ’n minuut of twee warm, dis al. Gaan ek later spyt wees dat ek HT ignoreer het.

Elna (46)

Ek het op 33 ’n histerektomie gehad en ervaar geen menopousale simptome nie. Moet ek HT gebruik? Jou menopouse is so uniek soos jy, en jy moet jou menopouse volgens jou eie stel simptome en eie gesondheidsoorwegings bestuur. As jy kan baat vind by die voordele is dit goed vir jóú spesifiek. Die hoofvoordele is dat dit veral gloede wegneem as dit jou erg vang en dat jy skelet bou as jou beendigtheid laag is. Die huidige denke is dat ’n maksimum van sewe jaar HT voordelig is vir jou hart, terwyl ’n dekade van HT geen verdere beskerming verskaf nie. Vroue wat reeds hartkwale het, moenie HT gebruik nie. HT het ook bewese “byvoordele” soos dat dit die middeljare se middellyfrolletjies keer en libido en konsentrasie verbeter. Talle vroue ervaar hulle is op HT gesonder, lewenslustiger en verstandelik skerper. Die belangrike konsep om te snap is die geleentheidsvenster: daardie eerste tien jaar van jou menopouse. Vroue kry die meeste voordeel as hulle HT in die ven stertydperk gebruik. Daarna vervaag die voordele. As jy HT gaan gebruik, begin sodra jou menopouse begin en gebruik dit vir sewe tot tien jaar. Dan heroorweeg jy sake: jy kan aangaan tot sestig of sewentig as jy HT voordelig ervaar, as jou hart gesond is en/of as jy steeds sukkel met simptome soos gloede en swak konsentrasie. Maar moenie met HT begin as (a) jy nog nie menopousaal is nie en (b) as jy reeds ’n dekade of langer in jou menopouse is nie.

Die vetjies …

Connie (62)

Hoekom sit ’n mens gewig aan met die menopouse?

Wanda (42)

Maak HT ’n verskil aan jou gewig? Gewigstoename met die aanvang van die menopouse is ’n normale, fisiologiese verskynsel, met vetverskuiwing van die heupe na die middellyf by 80% van vroue, al eet hulle korrek. Maar vroue verloor gewig op HT, mits dit die regte een vir hulle is.

Verminder HT jou seksdrang? Die menopouse verminder libido, nie HT nie. HT verbéter jou seksdrang juis omdat dit jou hormoonbalans herstel na die vlakke in jou dertiger- en veertigerjare. Verder werk dit vaginale droogheid teë – ’n groot oorsaak van pyn en ongemak tydens seks. Vroue wat net met vaginale droogheid sukkel, vind vaginale estrogeen uitstekend.

Die regte oomblik

Debbie (35)

As ek van 35 af ’n estrogeenaanvulling gebruik, sal ek die geleidelike val in my estrogeen teëwerk en ’n ligter menopouse beleef?

Nélen (49)

Ek gebruik ’n Mirena. Hoe sal ek weet my menopouse het begin? Jy gebruik HT nooit “voorkomend” nie. Vir die meeste vroue begin die menopouse in elk geval geleidelik. Die Mirena verbloem nie die menopouse nie; jy sal op die Mirena gloede ervaar. Die Pil verbloem wel die menopouse. As jy ’n vyftigplusser is, kan jy oorgaan na ’n laedosis-kontrasepsiepil, waarop jy dan simptome sal ervaar as jy menopousaal is. Nota: Jy kan tot reg voor jou menopouse met ‘n baba verras word. Gebruik jou voorbehoeding tot jou ginekoloog jou amptelik menopousaal verklaar.

Newe-effekte …

Marianne (49)

Gaan ek op HT weer begin menstrueer? Ek sien regtig nie kans daarvoor nie!

Mercia (53)

Wat van die kankerrisiko? Niemand in my familie het borskanker nie. DEBBIE (35) Moet jy HT bly gebruik as jy newe-effekte ervaar? Met die jongste, aaneenlopende kombinasie HT menstrueer vroue glad nie. Wat risiko’s betref: Die kankerrisiko is maar net 0,3% groter op HT, teenoor die groot voordeel vir beendigtheid en die ander pluspunte. Gee jou ses weke kans op HT. As jy dan steeds newe-effekte ervaar, vra jou dokter vir ’n ander soort HT wat beter by jou pas.

Die einde

Marietjie (62)

My dokter het gesê dis nou tyd dat die natuur sy gang gaan en my van HT afgehaal. Ek was byna dood! Behalwe gloede, het ek skielik ’n oorverdowende dreuning in my kop gehad, en ek was huilerig, buierig en depressief. Ek is ná ses maande na ’n ander arts, wat gesê het ek is te jonk om my vrouwees op te gee. Ek is terug op HT – met die vaste voorneme om dit tot die dag van my dood te gebruik. Watter risiko’s loop ek met twintig of dertig jaar op HT? Daar is nie borskanker in my familie nie. Hoe staak jy HT? Jy kan so lank aangaan as wat jy goed vaar. Vir vroue wat verby die geleentheidsvenster is, raai ek aan dat hul ginekoloog elke jaar hul hele gesondheidsprofiel oorweeg en op grond daarvan besluit of hulle moet aangaan. Hy sal jou afhaal as jy byvoorbeeld vroeë tekens van ’n harttoestand toon, as jou bloeddruk hoog raak, of as kanker by jou gediagnoseer word. Die beste manier om HT te staak is om jouself stadig daarvan te speen: neem dit vir ’n maand elke tweede dag, en dan vir nog ’n paar weke elke derde dag, voor jy finaal stop.

Jou opsies

  • Nie lus vir menstruasie nie? Kyk na die jongste een, gekombineerde aaneenlopende HT. Elke pil bevat estrogeen en progesteroon sodat jy nie menstrueer nie.
  • Vir vroue wat ’n histerektomie gehad het, is daar ongeopponeerde estrogeen, of estrogeen alleen. Slegs vroue wat ’n histerektomie gehad het, gebruik hierdie HT.
  • Vir vroue sonder ’n histerektomie is daar gekombineerde sekwensiële HT. In jou pakkie is 21 estrogeen- en 7 progesteroonpille, wat jou menstruele siklus naboots sodat jy bly menstrueer. Anders as op die Pil mag jy nié die progesteroonfase oorslaan omdat jy nie wil menstrueer nie – dit verhoog jou risiko op baarmoederkanker.

Al drie is beskikbaar as

  • Pilletjies wat jy daagliks drink.
  • Plakkers wat een of twee keer per week vervang word. Hulle is effens duurder maar vermoedelik veiliger omdat die aktiewe hormoon regstreeks in jou bloedstroom opgeneem word en nie in die lewer verander word nie.

Vir vaginale droogheid

Die estrogeenring, vaginale setpille en estrogeenroom. Die estrogeen in laasgenoemde word deur die liggaam opgeneem, en is net veilig vir vroue wat ’n histerektomie gehad het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.