kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die waarheid oor waterpype

Net toe ek dink my kinders het my gereelde prekies oor rook ter harte geneem, kom hulle met ’n nuwe ding by die huis: ’n hubbly. Ma, verseker hulle my, dis veilig. Regtig, Ma. Sien, die rook word deur die water opgesuig, wat soos ’n sif werk en die nikotien uit die tabak trek. Stefan se pa is ’n dokter en hy sê ons mag dit maar by die huis doen. Hy wil net nie hê ons moet by restaurante hubblies bestel nie, want jy weet nie wat daarin gesit word nie. Stefan sê, hoor ek ook, dat ’n hubbly deur ’n Indiese dokter ontwerp is, en dokters wéét mos van gesondheid. En boonop Ma, word ek getroef toe ek wonder hoeveel nikotien werklik deur die water “uitgetrek” kan word, kyk hier op die pakkie staan dat dié soort tabak net 0,5% nikotien en 0% teer bevat. Ma, dis ’n baie ligte tabak. Ma sal van plan verander as Ma net eers sélf proe. Wat Ma toe ook as ’n oopkopvrou instem om te doen. Wat ’n aaklige ondervinding: in my mond land ’n nare, aaklige smaak, my lippe tintel en die bloed ruis in my ore. Ek voel beslis nie omgewe van gesonde heilsaamheid nie. Toe ek begin navraag doen, is dít wat ek vasstel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Die Wêreldgesondheidsorganisasie is só besorg oor die toename van waterpype dat hulle in 2006 ’n studiestuk saamgestel het om wêreldwyd te versprei – nie dat dit ons hoërskole bereik het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Die waterpyp word al minstens vier eeue in Asië en Afrika gebruik. In die jare negentig het dit skielik gewild geword in die VSA, Wes-Europa en, helaas, ook hier onder studente – waarskynlik toe die antirookveldtogte mense na veiliger alternatiewe laat gryp het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Die idee dat dit veilig is, kom van Hakim Abul Fath wat in 1550 n.C. voorgestel het dat nikotien veiliger is as  dit deur water gaan. Dié “navorsing” is om die minste te sê Middeleeus. Al punt wat die dierbare dokter korrek waargeneem het, is dat nikotien baie ongesond is.

4 Die ontstellendste is die dosis nikotien wat waterpyprokers inkry. Met ’n tipiese sessie van tagtig minute asem gebruikers tot sowat twee honderd teue in – die ekwivalent van tot honderd sigarette se nikotien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 En dis nie al wat rokers inasem nie: die gifstowwe in die kooltjie wat die tabak laat brand, moet ingereken word. Vuuraanstekers en braaihoutskool is uiters ongesond vir die longe.

6 Dit ís moontlik om TB en hepatitis via die mondstuk aan te steek – wat jy moet bytel by die nikotienrisiko’s soos kankers, longsiektes, hartsiektes en risiko’s vir die baba by swanger vroue.

7 Die boodskap op die etiket dat dit 0,5% nikotien en 0% teer bevat, is pure misleiding. ’n Skuiwergat in ons streng tabakwetgewing bring mee dat tabak vir waterpype nie gereguleer word nie.

8 Omdat waterpyptabak soet gegeur is, is dit vir eerste keer gebruikers ligter en aanvaarbaarder as sigarette.

9 En so word hulle gevang, want waterpype is net so verslawend soos sigarette. Dis ’n mite dat dit nie genoeg nikotien besorg vir tabakverslawing nie.

10 Dokters is die bekommerdste oor die lang tydperk waaraan waterpyprokers aan nikotien blootgestel bly. ’n Sigaret word binne sewe tot tien minute gerook, waarna die liggaam kans kry om die nikotien uit te werk. Waterpypsessies duur van twintig tot maklik tagtig minute, wat beteken waterpyprokers word tot tien keer langer aan dié kankerwekker blootgestel.

11 Die lekker van waterpype lê in die saamdoen. Moderne waterpype is te kry in groottes waaraan van net een tot agt mense tegelyk kan sit en teug. Talle kuierplekke wat op die jongklomp fokus, het waterpype op die spyskaart. In die Kaap kos dit sowat R40 om een na jou tafel te laat kom, wat ook die kooltjie en tabak van jou keuse insluit.

12 Allerlei bemarkingstruuks wek die indruk dat waterpype “veilig” is, soos dat van die modelle se mondstukke met geaktiveerde koolstof of watte toegerus is. En dan maak drasakke en allerlei koel ontwerpe waterpype aantreklik vir die teikenmark: tieners en twintigers.

13 Daar is nie iets soos “beter” waterpype nie. Hoekahs, shishas, sheeshas, gozas, hubblies, hubbly bubblies en narghiles is maar net name vir dieselfde ding.

Bronne: KANSA; WGO

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 hours Gelede

My ma se appeltert

3 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.