kategorieë: DieetGesondheid

Middagete-foute wat jou laat uitsit

Fout 1: Laevetgrondboontjiebotter

Wanneer die vet uit grondboontjiebotter verwyder word, moet iets anders weer ingesit word om dit lekker te laat smaak. Laevetgrondboontjiebotter bevat versoeters, byvoorbeeld die fyn suiker wat in versiersuiker gebruik word. Elke eetlepel laevetgrondboontjiebotter bevat ’n teelepel suiker! Gaan dan maar eerder vir die oorspronklike resep – wees net streng met porsiegroottes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fout2: Volgraanskyfies

Volgraanprodukte verskaf waardevolle vesel wat spysvertering aanhelp en toksiene vinniger uit jou stelsel verwyder. Tog kan volgraanskyfies baie vet en kalorieë bevat. Dit is belangrik om die etiket op die pakkie deeglik te lees – maak seker jy neem nie oormatige kalorieë in nie. Soms kan een porsie volgraanskyfies soveel as 300 kalorieë en 14 gram vet bevat. Dis selfs meer as ’n porsie aartappelskyfies wat in olie gebraai is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

FouT 3: Tuna-slaai

Die slaaisous in tuna-slaai kan tot 500 kalorieë en 30 gram vet bevat. Maak eerder ’n gesonde weergawe – los die slaaisous en maak ’n heerlike vars slaai met suurlemoensap, ’n klein hoeveelheid laevetslaaisous of ’n eetlepel olyfolie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Fout 4: Groentesop

Sout is die skelm in hierdie dis! Een bakkie kan tot 600 gram natrium bevat. Dit is ’n kwart meer as die aanbevole daaglikse toelating sout. Die gesondste soorte sop kan gemaak word van verwerkte groente soos botterskorsie of murgpampoentjies.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 hours Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 hours Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

3 hours Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

1 day Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

1 day Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.