kategorieë: Leef gesondGesondheid

Migraines: Wat is dit?

Migraines: Wat is dit? deur Leandri de Kock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Migraine is ’n hoofpynversteuring wat deur ’n intense, herhalende pyn gekenmerk word. Dit is ’n erge, polsende pyn wat dikwels voorafgaande simptome soos naarheid en lig- en klanksensitiwiteit insluit. Hierdie sensoriese ontwrigting word ‘n aura genoem. Migraines is dikwels oorerflik, maar word meer algemeen deur stres en hormonale veranderinge in vroue veroorsaak. Vroue is drie keer meer geneig as mans om dit te kry. Daar is wel ook talle ander oorsake en dit wissel vir elke lyer. Sekere kos en drank kan snellers wees sowel as blootstelling aan rook, ligsensitiwiteit, weer- of hitteveranderinge, fisieke aktiwiteit, sterk reuke, slaapversteurings, ensovoorts. Die oorsaak hiervan in die brein kon nog nie met sekerheid vasgestel word nie, maar dit het glo wel te doen met veranderinge in die breinstam en sy interaksies met die trigeminale senuwee (’n pynweg). Dit kan ook veroorsaak word deur ’n wanbalans in breinchemikalieë, wat dan die senuweestelsel onreëlmatig reguleer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe weet jy dis nie net ’n gewone hoofpyn nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Die pyn is baie erger en word gewoonlik net aan een kant van die kop ervaar.
  • Die pyn kan agter die een oog of oor wees.
  • Dit beïnvloed ‘n lyer se dagtake in ’n groot mate.
  • Jy ervaar voorafgaande waarskuwings soos buiveranderinge, vloeistofretensie, ’n stywe nek, of gereelde gape.
  • Jy ervaar ‘n sensoriese waarskuwing (‘n aura) voor of gedurende jou migraine. ‘n Aura is ‘n simptome van die senuweestelsel en sluit in visuele verskynsels soos flikkerende ligte, helder spikkels en sig-, tas-, proe- en reuksensasies. Lyers kan ook naald-en-speld-sensasies, afgestomptheid of lighoofdigheid ervaar en sukkel om te praat.
  • ’n Migraine veroorsaak dikwels naarheid en braking en daarmee saam ’n verlies aan eetlus.
  • ’n Migraine duur gewoonlik tussen 4 tot 72 ure, afhangend van die medikasie wat geneem word.
  • Migraines wissel van aanvalle wat slegs nou en dan gebeur tot menige kere in ’n maand in chroniese gevalle.

Foto: Karolina Grabowska vir Pexels

Desperaat vir verligting?

Medikasie

Vir sommige mense help oor-die-toonbank-medikasie soos aspirien, ibuprofen of parasetamol, maar vir dié wat nie so gelukkig is nie, is voorskrifmedikasie nodig. Antidepressante, epilepsiemedikasie (soos topiramate) en betablokkeerders (soos propranolol) word soms voorgeskryf om migraines te help voorkom. ’n Triptan (soos zolmi- riza- of eletriptan) word gewoonlik ook voorgeskryf om die simptome van ’n migraine te help verlig – meestal om die pyn te stop.

Botoks

Die inspuitings kan die senuweestelsel beïnvloed deur die seine en chemikalieë wat pyn veroorsaak tot ’n mate te help voorkom. Botoks word in die voorkop, by die slape en agter die kop, al langs die nek en skouers af, ingespuit. Sodoende funksioneer dit as ’n versperring in die pad van die chemikalieë wat dan nie by die senuwee-eindpunte kan uitkom nie.

Fisioterapeut

’n Fisioterapeut kan help om die simptome van migraines te verbeter wanneer die oorsaak spier- of stresverwant is. Dit kan massering en akupunktuur insluit, afhangend van jou spesifieke behoeftes.

Dieetkundige

As sekere kosse, bymiddels of drankies die sneller vir jou migraines is, kan dit jou help om ’n dieetkundige te gaan sien. Jy sal dan ’n dagboek moet hou van wanneer jy migraines kry en wat jy voor dit geëet en drink het om die oorsaak te probeer vasstel. Dis nie noodwendig altyd net een spesifieke tipe kos nie, maar eerder ’n bestanddeel of preserveermiddel waarvan jy nie noodwendig bewus is nie.

Aanvullings

Daar is ’n paar daaglikse aanvullings wat met die voorkoming en behandeling van migraines kan help.

  • Magnesium: Dit is belangrik vir die handhawing van bloeddruk, senuwee- en spierfunksie. Dit kan ook help om die oormatige aktivering van breinselreseptore te keer terwyl dit inflammatoriese seine na die brein kan help verminder.
  • Vitamien B2: Dit kan help om oksidatiewe stres en -inflammasie in die brein wat tot migraines lei, te verminder.
  • Vitamien D: Dit is doeltreffend om inflammasie te beveg en dit help terselfdertyd om magnesium beter te absorbeer.
  • CoQ10 (koënsiem Q10): Dit kan jou teen oksidatiewe stres beskerm, en die ensieme wat tydens ’n migraine-aanval toeneem, te verlaag.
  • Melatonien: Dit is die hormoon wat in die aand vrygestel word en jou help slaap. Abnormaliteite in die regulering van melatonien kom soms voor, wat tot pyn en ongewone regulering van neurotransmittors kan lei. ’n Aanvulling kan help om dit weer te balanseer.

Joga

Rustige, stadige joga-oefeninge kan tot ’n groot mate help om die simptome van ’n migraine te verbeter. Dit kan tesame met asemhalingstegnieke stywe spiere en spanning verlig.

Waar om hulp te soek

Gaan sien ’n neuroloog. Die neuroloog kan dan verdere aanbevelings maak ten opsigte van ’n fisioterapeut, ginekoloog, of selfs ’n tandarts (afhangend van jou simptome).

Kontak die kenners

Mediclinic Info Hub

Dr Alison Richardson

The Headache Clinic
Cape Headache Clinic

Skin Renewal

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.