kategorieë: Ons menseBekendes

Millenniërs en hul geite

Deur Anet Schoeman. Hooffoto Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ouer generasies het gehoor “trek jou sokkies op”, die Y-generasie, oftewel die Millennials, het gehoor hulle is spesiaal, al kom hulle laaste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Simon Sinek, die Brits/Amerikaanse skrywer, motiveringspreker en bemarkingskonsultant, is uitgesproke oor die Millenniërs, en glo dit is nie hulle skuld dat hulle met ’n swak selfbeeld en gebrek aan deursettingsvermoë sukkel nie. Hy meen swak ouerskap is die rede waarom die generasie sukkel om hul voete in die werksplek te vind – waar net die voorbokke wen en niemand die agteros met ’n spesiale prys beloon nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy sê hierdie generasie (volgens die tydskrif Time gebore tussen 1980 en 2000) gaan soms deur die lewe sonder enige diepe vervulling omdat hulle nie besef dat die dinge wat werklik saak maak, soos liefde, vreugde en vaardighede, jare kan neem om op te bou nie. Hy sê dit speel ’n beduidende rol in die hoë voorkoms van selfdood onder hierdie groep.

Maar dié klompie bekende Suid-Afrikaners bewys hom dalk verkeerd …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Francois Jacobs

Francois (28) is ’n voltydse akteur en hy en sy vennoot, Adriaan van As, maak flieks en reekse in hul maatskappy Rubberarm-produksies. Tegnologie is vir hom belangrik en hy gebruik dit waar moontlik om sy lewe te vergemaklik en by te bly met ontwikkelings. Maar as dit by die geskrewe woord kom, verkies hy die bladsye van ’n boek bo die digitale formaat.

“Ek kry nie baie tyd vir boeke lees nie, maar ek lees heeltyd tekste vir rolprente. Hier verkies ek papier, want ek hou van die gevoel van papier en om notas in die kantlyn te kan skryf.”

Francois is ook ’n adrenalienvraat. Hy het vyf jaar gelede met sy motorfiets om Afrika gery, is druk besig met vlieglesse en dis ’n droom om eendag aan die Dakar-uithouren deel te neem. Maar dis die kunste wat sy hart bly steel. Sy dramagraad op Stellen-bosch was ’n waardevolle leerskool, en sy pa se woorde oor geleerdheid bly hom steeds by. “Universiteitsopleiding gee vir jou ’n ruggraat – nie bloot ’n akademiese graad nie.”

“Ek was so honger om te begin werk dat ek nie nagraads wou studeer nie en het dadelik ingespring. Ek glo studie kweek dissipline, en behalwe die kennis wat jy inwin, leer jy meer oor die lewe. Ons leef in ’n tyd waarin jy jou eie toekoms moet skep; jou kennis gaan nie noodwendig die deurslag gee nie.”

Beer Adriaanse

Beer (32) is skrywer, regisseur en akteur, en glo jy moenie die lewe te ernstig opneem nie. “Ons is die eerste generasie wat ’n moontlike 120 jaar as lewensverwagting het. ’n Mens moet verwag dat jy ’n hele paar beroepe gaan volg en dus kan jy nie te gou in een settle nie. Jy moet jouself die kans gun om te ontdek en te speel.”

Lees ook: Bedrywige Beer Adriaanse

Gelukkig is sy werk sy plesier en boonop is hy besonder goed daarmee. Hy is op die onlangse kykNET-Silwerskermfees as die beste byspeler in die fliek Wonderlus aangewys. Beer glo sy generasie se geneigdheid tot narsisme maak dit makliker om hulle op aanlynafspraak-apps te “bemark”. “Heelwat van my vriende het pasmaats op Tinder gekry. Dalk werk dit omdat mense eers verlief raak op iemand se persoonlikheid.”

Maar facebook het hy van sy selfoon verwyder. “Dit het in ’n negatiewe ruimte ontaard, en dit voel vir my of die algoritme kies om negatiewe nuus bo te sit.” Sy generasie mag met kos behep wees, maar hy sê hy kan nie kos maak nie. “Ek is wel gaande oor kos eet en vervul dié rol met trots.”

Beer het ’n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en sy meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad.

“My studie was eerder ’n lewensleerskool en ek glo dis belangriker vir wat dit aan jou dóén as die werklike inhoud – veral as jy in ag neem dat mense ’n graad kry en ’n jaar later word daardie kursus geskrap. Studie het eerder my uitkyk verbreed en my balans gegee. Ons generasie moet ook besef dat tegnologie besig is om soveel werk te verrig dat daar doodeenvoudig nie meer genoeg werk vir almal is nie. Ons sal moet fine wees om dalk nie ’n werk te hê nie. Dis die toekoms en ons kan nie toelaat dat werk al is wat ons definieer nie.”

Zoë Brown

Zoë (27) is die vars en vrolike gesig vroegoggend op die Expresso-ontbytprogram en jy hoor haar ook as radio-omroeper op Kfm 94.5.

“My foon is my kantoor, sê sy. “En sonder die foon se wekker sal ek nooit betyds wees vir Expresso nie,” vertel sy. “Ek doen meestal vryskutwerk en my foon is my skakel met die bedryf.”

Sy het ook verlede jaar Tinder, die aanlynafspraak-app, afgelaai. “Ek het ’n paar matches gekry, maar meer screen grabs van my mansvriende op Tinder ontvang wat vra wat ek op die app soek?”

Verder pos sy graag foto’s op Twitter, Instagram en facebook. “Minstens een keer per dag.” Dis ook haar manier om met haar ouers kontak te hou. “Ek praat daagliks met my pa en ek en my ma WhatsApp gedurig vir mekaar en ons hou daarvan om foto’s vir mekaar te stuur. My ma werk nog aan haar selfies,” spot sy goedig.

Sy het haar honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Studie is belangrik, maar sy glo dat harde werk vir jou ’n werk kry.

“Ek het hard gewerk om te kom waar ek vandag is. Daar was baie vroeë oggende en laat nagte, en ek moes gereeld sosiale geleenthede met vriende en familie prysgee om te werk. Tog het ek geweet dit is tydelik en dat ek moes vasbyt om my droom te verwesenlik.”

Kleintyd was dit haar droom om ’n Mej. Suid-Afrika te wees, en hoewel sy nie ’n kroon dra nie, glo sy die sosiale platform waarop sy tans is, bied haar die geleenheid om mense te help. “Ek geniet my beroep geweldig. Elke dag is anders en ek ontmoet die interessantste mense en besoek die wonderlikste plekke.”

Bouwer Bosch

Op 33 glip Bouwer aan die ouer kant by die Millenniërs in. As musikant, akteur en entrepreneur is hy ’n man van vele talente en bitter min tyd. Sy selfoon is sy “kantoor” en dis wat hy op sy reise gebruik vir sy administrasie en kommunikasie, en ook om musiek en potgooie te luister.

“Ek dink nie dis gesond om so te reageer nie, maar dis nogal angswekkend wanneer ek hom nie by my het nie!”

Twitter is sy gunsteling- sosiale mediaplatform, want hy hou van nuus en aktuele sake. “Instagram is weer lekker vir ‘stories’ en kort komediesketse, wat my gunsteling is. Ek pos so drie foto’s per week – maar nooit van kos nie – dit moet dinge wees wat darem iets beteken.”

Met boeke is hy tradisioneel en hou van die gewig van ’n boek in sy hand. “Ek het nog nooit een aanlyn of op iPad of Kindle gelees nie. Ek luister 80% potgooie en 20% musiek.”

Bouwer het ’n B.A.-kommuniksiegraad van NWU-Pukke, maar meen dis eintlik die verbintenisse en mense wat hy daar ontmoet het wat sy loopbaan bevorder.

“Almal van hulle werk nou by tydskrifte, radiostasies en koe-rante en daardie verhoudings is vandag belangrik. Ek het myself gedurig omring met mense wat beter as ek is – dit is gratis onderrig. Ek was ook nie bang vir vuilwerk nie. Jy sal nooit bo uitkom as jy nie weet hoe dit onder lyk nie.”

Bouwer se kleintyddroom was om ’n radio-omroeper of tennis-ster soos Wayne Ferreira te word. Tog het hy heeldag op sy kitaar gespeel en komediesketse saam met ’n skoolvriend geskiet. Hy glo sy generasie kan tot vyf beroepe in ’n leeftyd inpas, so dalk is daar tog iewers ’n Wimbledon op sy horison …

Natalie Roos

Natalie (29), die blogger van Tails of a Mermaid, beoefen ’n beroep wat nie bestaan het toe sy in matriek was nie, en sy verdien haar daaglikse brood met vaardighede waarvoor sy geen formele opleiding ontvang het nie.

“Ek het nooit geswot nie, maar ek dink toegang tot opleiding is belangrik, want dit maak deure oop. Tog verdien ek my geld as ’n blogger, iets waarvoor jy nie kan leer nie, en ek neem daagliks foto’s en daarvoor het ek ook geen formele opleiding nie. Ek dink Millenniërs is ontvankliker vir die idee dat jou loopbaan maklik ’n ander koers kan inslaan namate jy groei en jou vaardighede ontwikkel.”

Papierboeke is ook haar keuse, en sy sê potgooie verryk haar. “Ek luister na honderde potgooie en ek het al soveel oor die wetenskap en kultuur op hierdie manier geleer.”

Haar selfoon is haar regterhand waarmee sy haar lewe beplan, vervoer reël (Uber) en koffie koop (snapscan). En boonop haar kos maak. “Ek gebruik UCOOK, ’n resepafleweringsdiens wat een keer per week bestanddele en resepte vir drie dae se maaltye aflaai. Ek en my geliefde maak dan lekker saam kos daarmee.”

Kos is vir Natalie belangrik en sy laat nooit ’n geleentheid deur haar vingers glip om op reise in verre lande ’n kookkursus te doen om dieper insig in die land en sy mense te kry nie.

“Ek leer soveel van ’n land se kultuur deur kos. Die speserye wat hulle gebruik, en selfs die hoeveelhede wat hulle kook, spreek boekdele oor hul leefwyse en oortuigings.”

Sosiale media is die doek waarop sy haar beroep skilder. “Ek is omtrent heeldag op sosiale media. Ek gebruik facebook vir werk (sy is ook ’n digitale strateeg) en pos gewoonlik een keer per dag op Twitter en Instagram.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.