kategorieë: Ons menseBekendes

Minder blou, meer Spoegwolf!

Minder blou, meer Spoegwolf! Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Spoegwolf is ’n Afrikaanse alternatiewe rockmusiekgroep van die Paarl en is in Februarie 2012 gestig. Sedertdien het hulle reeds drie albums vrygestel, Swaartekrag, Somer en Die Donker Toring, en spog hulle met talle optredes, en nommer een-treffers agter hul naam – in 2018 alleen het die manne van Spoegwolf 150 uitverkoopte konserte regoor die land met hul aanhangers gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spoegwolf bestaan uit Danie du Toit (sang en kitaar), Chris von Wielligh (kitaar en klavier), Moskou du Toit (dromme en sang) en Albert van der Merwe (baskitaar, sang en kletsrym). Van hulle gewilde treffers sluit in “Loerie”, “Lenie Blou”, “Bittermaan” en “Somerset-Wes”.

Die groep besit ’n opname-ateljee waar hulle baie produksiewerk doen, maar ’n groot deel van die opnames word by Sunset Recording Studios buite Stellenbosch gedoen. Hul nuutste album, Koma, is op 14 Februarie 2019 vrygestel en ons het besluit om te gaan uitvind wat ons van dié nuwe album kan verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel vir ons van die inspirasie agter die naam vir julle nuwe album, Koma.
Die vrystelling is ’n konsep-album wat gaan oor trauma. Ons het gedink dat die idee van ’n koma goed daarby inpas.

Die liedjies volg iemand wat deur iets verskriklik gaan – opstaan, val… opstaan, val…  En dan uiteindelik besef hy dat daar niks oor is behalwe die noodsaaklike droom van liefde en die bietjie lig wat nog in hom blink nie.

Die luister-ervaring moet voel soos ’n diep slaap – soos ’n koma.

Uit al die liedjies wat op Koma verskyn, waarom het julle besluit om Blou as voorsmakie vir julle aanhangers vry te stel? Wat maak dié liedjie so besonders?
Ons het gevoel dat Blou die liedjie is wat ons lewens die afgelope jaar die beste uitbeeld.

Blou klink boonop ook anders as enige iets wat ons nog ooit vrygestel het.

Blou klink beslis ‘anders’ as van julle vorige musiek. Het julle doelbewus besluit om iets nuuts te probeer of was die nuwe klanke bloot net toeval?
Die nuwe klank het baie natuurlik gebeur! Ons het heelwat meer tyd bestee aan repetisies tydens die verwerking wat moontlik kon lei tot meer van ’n rock-klank. Vir ons voel dit wel steeds soos Spoegwolf.

Danie, jy het Blou geskryf. Vertel vir ons wat dié liedjie geïnspireer het? En wat jy die meeste van Blou geniet?
Ek het dit in Stellenbosch by Eersterivier geskryf, en gaan daaroor om nog ’n kans te kry. Eintlik is dit meer van ’n waarneming as wat dit ’n boodskap is wat ek aan mense wil oordra.

Ek het Moskou se tromme die meeste geniet.

Wat kan aanhangers verwag van die nuwe album?
Chris: Die album is ’n bietjie harder en ’n bietjie meer eksperimenteel op sekere dele as die vorige albums. Ons het meer tyd aan repetisies bestee wat dalk ’n bietjie meer van ’n rock-vibe op sommige van die liedjies gegee het.

Dié album is ook ons mees volledige konsep-album met temas wat herhaal en kunswerke wat bydra tot die storie. Daar is ’n paar eksperimentele klankstukke tussen die liedjies en die hele album vloei ineen van begin tot einde.

Danie: Die album klink vir ons meer soos die musiek wat ons maak by ons live shows. Dis hard, dis mal, en dit beweeg op en af.

Die storie is ook meer konkreet. Die vorige albums was ’n bymekaarskraap van liedjies oor die jare – hierdie album is in een tydperk (soos die storie volg) geskryf. Dis ’n dagboek van ’n moeilike ses maande!

Albert, kan jou aanhangers uitsien na nog ’n lekker kletsrym-solo in die nuwe album?
YES!

Hoe verskil julle ervaring van die proses van album-vrystel dié keer van Spoegwolf se vorige albums?
Chris: Dit was beslis ’n bietjie moeiliker om bymekaar uit te kom – almal van ons het besige skedules en tussenin toer ons baie.

Toe ons besluit het om die album in Februarie 2019 uit te bring, het ons elke Maandag by Moskou se huis bymekaar gekom waar ons in ’n klein kamertjie die liedjies deurgespeel en van die verwerkings gedoen het. Later het ons na Jurgen by Sunset Recording Studios gegaan en met die eerste opnames begin.

Jurgen was bereid om Sondae te werk (iets wat hy nie gewoonlik doen nie) en ons het verskeie Sondae en Maandae by hom gaan opneem totdat al die liedjies klaar was. Sommige van die liedjies is eers laat in Januarie vanjaar opgeneem.

Chris, is daar ’n spesifieke liedjie op Koma wat vir jou uitstaan?
Die eerste liedjie, Koma, is my persoonlike gunsteling. Dit is sekerlik die interessantste liedjie wat ons al geskep het met tempo-veranderinge en hope klanke. Dit is ’n trip (op en af) en skep die atmosfeer vir die res van die album.

Moskou, ons het op julle Instagram van Willem Samuel se tekeninge vir julle album gesien. Vertel vir ons van die tekeninge. Hoe dra dit by tot julle album, en hoekom het julle besluit om juis dié soort kuns by julle album in te sluit?
Willem is regtig talentvol! Ons het gevoel dat sy goed lýk soos wat ons klink. Ons wou nog ’n kunstenaar betrek, want op die manier kan ’n mens meer sê – daar is dus meer stemme om die boodskap oor te dra.

En laastens wil ons graag weet: Wat is Spoegwolf se wens met Koma?
World Domination!

Kyk gerus hier na Spoegwolf se nuutste enkelsnit, Blou:

Vir meer inligting besoek gerus: www.spoegwolf.com. Volg ook vir Spoegwolf op sosiale media: Instagram, facebook, en twitter

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

17 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.