kategorieë: Leef gesondGesondheid

Verlaag jou risiko op pankreaskanker

Jy moet asseblief bedag wees op pankreaskanker. Die tekens is so algemeen dat mens dit miskyk en dink dit is skete wat jy sommer self tuis kan regdokter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit bly een van ons gevaarlikste kankers. Die beste uitweg is om dit vroeg op te spoor, om die siek pankreas vroeg te verwyder, voor die kanker versprei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Simptome van pankreaskanker

Hier is die vroeë tekens van pankreaskanker:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Jy het dikwels ’n opgeblaasde gevoel oor jou maag.
  • Jy kla gereeld dat jy pyn oor jou maagarea het.
  • As jy mooi in die spieël kyk, het jou vel ’n effense geel skynsel. Die wit van jou oë is gelerig, eerder as wit.
  • Jy het aanhoudende spysverteringsprobleme.
  • Jy is gediagnoseer met diabetes.
  • Jy verloor gewig, sonder dat jy dieet.

Is dit noodwendig pankreaskanker?

Glad nie. Soos jy kan sien, is die simptome baie algemeen. Die vraag wat jy jouself moet afvra is hoe gereeld jy met die simptome sukkel. As jou maag net soms opgeblaas voel of as dit ongemaklik is omdat jy iets geëet het wat winderigheid veroorsaak, is dit nie relevant nie. As jy egter chronies daarmee sukkel en die ander simptome ervaar, laat jou dokter jou evalueer.

Die beste manier om pankreaskanker te behandel is om dit vroeg op te spoor, sodat die aangetaste weefsel verwyder kan word, voor dit versprei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maklike maniere om jou kans op pankreaskanker laag te hou

Sekere dinge verhoog jou risiko. Maak werk van dit wat jy kan beheer.

  • Eet meer groente en vrugte. Dit het ’n beskermende uitwerking.
  • Sny op rooivleis. Vier porsies per week is oorgenoeg.
  • Hou op rook. Dit verdubbel jou kans op pankreaskanker.
  • As jy familie het met enige van die volgende kankers, moet jy jouself versigtiger en meer gereeld evalueer vir pankreaskanker: borskanker, kolonkanker, eierstokkanker of melanoom (velkanker).
  • As jy bo 60 is verhoog jou kans  op byna enige kwaal. Daarom moet jy gouer dokter toe gaan as iets jou opval as ongewoon.
  • Jy het diabetes. Hierdie kanker is effens meer algemeen onder mense wat lank reeds diabetes het. Diabetes kan ook een van die vroeë tekens van pankreaskanker wees.

Lees ook: Kolonkanker: Hoe om jou risiko klein te hou

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.