kategorieë: TrendsMode

Model-ma en dogter verskyn in nuwe Burberry-veldtog

Model-ma en dogter verskyn in nuwe Burberry-veldtog. Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto:  Greatstock  / Shutterstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Naomi Campbell het van sy twaalf was by haar ma geleer hoe om op die loopplank te loop. Sy het aan The Guardian vertel hoe hulle twee in hul huis se gange op en af geloop het terwyl Lionel Richie se musiek op die agtergrond speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Naomi neem haar ma gereeld as haar metgesel saam na spoggeleenthede. Verlede Desember het Naomi en Valerie albei in swart uitrustings geskitter. Die swart fluweel van Naomi se Versace-rok bring die gebruik van tekstuur na vore en sy hou haar bykomstighede min. Aan haar sy pronk moederhen met ’n klassieke swart snyerspak en ’n kenmerkende Bulgari- nekstuk wat die kollig steel. Mode is vanselfsprekend belangrik in die twee modelle se lewe, en keer op keer bewys die Campbells dat hulle vir die modewêreld uitgeknip is.

Hoewel Valerie nie ’n dag ouer as haar dogter lyk nie, kies sy tog ’n styl wat by haar ouderdom pas. Sy is dikwels te sien in vleiende, vroulike snitte eerder as gewaagde ontwerpe. Haar rokke word slim in diagonale lyne versier wat haar ’n uurglasfiguur gee. Sy hou ook van die klassieke en statige soldatejas. Haar kleurskema is meestal donker en haar bykomstighede is minimalisties.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulle verskyn nie net sy aan sy op die rooi tapyt nie, maar op die loopplanke ook. In 1993 het Valerie en Naomi op die Mugler-vertoning in monochroom nommertjies die loopplanke oorheers.

’n Klompie jare later, in 2010, lyk hulle nog net so beeldskoon soos toe hulle vir die Fashion for Relief-liefdadigheidsorganisasie verskyn het.

Burberry slaan die spyker op die kop!  Naomi en haar ma is vir hul nuwe veldtog albei in ’n wit kraaghemp en swart snyersbaadjie uitgevat. Dit is sinoniem met elegant, klassiek en vroulik, maar bring ook die sterk vrouefiguur na vore. Die volledige reeks word op 13 November 2018 bekend gestel met nog bekendes, onder andere Matt Smith en Kristen Scott Thomas.

Hou jy van ook van die stylvolle swart pak? Hier is ’n paar idees hoe om net so ikonies soos Valerie en Naomi in ’n swart pak te lyk:

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.