Foto: twitter: Kensington Royal
Deur Catherine Schenck. Foto: Twitter @KensingtonRoyal
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Britse Koninklike familie het in samewerking met Eco-Age ’n mode-uitruilskema tussen die Statebondlande geskep. 52 Statebondlande is betrek in oploop tot die konferensie van Statebondhowe wat in April vanjaar plaasvind. Volgens die koninklikes se webblad gebruik die uitruilskema mode as ’n gedeelde taal en platform om mense die moderne Statebond in ’n nuwe lig te wys. Hulle verduidelik dit vier kreatiwiteit, volhoubare produksie en vervaardiging, handelskakels en etiese vervaardigingskettings regoor die mode-industrie, van besigheid en ontwerp, tekstiel- en materiaal-ontwerp en produksie, tot kunsvlyt en handwerkkuns.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Groot name het saam met minder bekende kunstenaars gewerk om met nuwe en innoverende skeppings vorendag te kom – wat dan as “uitruilskema” dien. Die resultate word nou by die Buckingham-paleis uitgestal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Suid-Afrika en Lesotho het saamgespan met werke van Clive Rundle en House of Thethana. Kyk hier na ’n katalogus van al die werke wat uitgestal word en hier na meer inligting oor elke ontwerper. Catherine, Hertogin van Cambridge, en Sophie, die Gravin van Wessex, het die openingsgeleentheid van die uitstalling by die Buckingham-paleis bygewoon.
Die ontwerper en stilis Judy Blame is in die ouderdom van 58 oorlede. Die oorsaak van dié Punk-ikoon se dood is nog nie bekend nie, maar huldeblyke het oor sosiale media en in tydskrifte ingestroom.
Blame het sy loopbaan in die Londense Punk-beweging begin waar hy bykomstighede ontwerp het – gereeld met rommel wat hy uit die Teemsrivier gevis het. Hy het daarna die modehuis The House of Beauty and Culture in Dalston saam met John Moore geskep waar jong ontwerpers (wat later groot name geword het) saam kon werk aan skeppings. Hy het ook vir die publikasie i-D gewerk. Bekende musikante soos Boy George, Björk, Kylie Minogue en Neneh Cherry het al van sy ontwerpe gedra. In later jare het hy as konsultant of medewerker saam met groot modehuise soos Comme des Garçons, John Galliano, Rei Kawakubo en Marc Jacobs gewerk en hy was ’n bydraende konsultant vir publikasies soos GQ.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.