kategorieë: KalenderOntspanning

Puppet Guy by Montecasino

Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In sy nuutste vertoning, Puppet Guy, keer Conrad Koch en sy pop Chester Missing terug na die ligter sy van komedie-buiksprekery. Hierdie vertoning, in samewerking met Comedy Central Africa, vind vir die eerste keer in Johannesburg plaas by die Pieter Toerien-teater by Montecasino vanaf 25 April tot 27 Mei 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Puppet Guy word gereken as Koch se prettigste vertoning tot dusver en dit is propvol skreeusnaakse karakters, interessante opmerkings en wêreldklas-vermaak. Dit gee ’n toonbeeld van die man agter die poppe as meer as net die politieke stoutseun, Chester Missing, se “backing guy.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling in sluit in poppekarakters soos Hilton, ’n dansende volstruis gemaak van verestowwers en ’n pantoffel; DJ Hoodie, ’n platejoggie gemaak van sonbrille en ’n sweetpaktop, ’n rits verrassende nuwe karakters en natuurlik Chester Missing. Die regie word behartig deur Chris Weave.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verdere inligting

Datums: 25 April tot 27 Mei 2018

Tye: Woensdae tot Saterdae: 20h00

Saterdae het ook ’n bykomende middagvertoning om 16h00

Sondae het slegs ’n middagvertoning om 15h00

Plek: Ateljeeteater by Montecasino, Fourways, Johannesburg

Kaartjies: Begin by R130, beskikbaar by Computicket. Besoek die webblad vir verdere inligting.

Hierdie vertoning het ’n ouderdomsbeperking van 13 jaar.

*Kapenaars kan uitsien na die vertonings wat tussen 3 en 14 April 2018 by die Baxterteater sal plaasvind. Kaartjies kos R120 en kan by Webtickets bespreek word of direk by die Baxterteater: 0861 915 800 of www.baxter.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.