kategorieë: ReisOntspanning

Moedersdagbederf by Morrells

Morrells Boutique Estate is een van die mooiste boetiekhotelle wat ek al besoek het. Die gevoel van Franse sjarme wat jou oorweldig wanneer jy die groot houtdeure betree, is onbeskryflik. As jy al die landelike gedeeltes van Frankryk besoek het, kan jy jou die prentjie voorstel. Fantastiese dekor en meubels, kleurryke blomme en ’n gevoel van ouwêreldse sjarme is oral te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is dan ook die ideale plek waarheen jy jou ma kan neem vir ’n onvergeetlike Moedersdag-ervaring. Hulle bied ’n sjampanje-ontbyt wat jy en jou ma nie sommer gou sal vergeet nie. Ek het die voorreg gehad om my ma te neem en ek kan met oorgawe sê dit was een van die lekkerste en mees spesiale oggende wat ons al ervaar het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het ’n heerlike voorgereg van parma-ham en klein plaatkoekies gehad, ’n dekadente Eggs Benedict-hoofgereg met die mees fantastiese Hollandaise-sous en om alles mee af te sluit het die sjef ons bederf met Franse sjampanje, aarbeie met sjokoladesous en klein sjokolade-truffels.

Die sjampanje is saam met ’n blokkie ys bedien wat die geur en borrels nóg meer laat uitkom. Dit is ’n spesiale soort sjampanje wat só bedien moet word om die algehele effek te kry. Heerlik!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Morrells is ook bekend as ’n pragtige trou-venue en daar word gereeld spesiale funksies gehou. Besoek die webblad (sien skakel onder) vir meer inligting.

Verras jou ma en neem haar na Morrells Boutique Hotel op Moedersdag. Onthou om jou plek te bespreek. Besoek die webblad vir meer inligting.

Volg hulle ook op Sosiale Media:
Facebook
Twitter

rooi rose het ook die Desember 2014-voorblad by Morrels geskiet. Kyk net hoe mooi het aktrise Rolanda Marais by die omgewing gepas (foto’s geneem deur Leana-Clunies Ross):

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.