kategorieë: ReisOntspanning

Eet roomys in die Kaap

Roomys eet. Dit is ’n gewoonte wat ek al van my kinderdae af saam met my dra. Maar nie net enige roomys nie, dit moet besonders lekker wees. Moenie my verkeerd verstaan nie, as ek by iemand kuier en hulle bied roomys aan sal ek dit eet, ek is immers nie ongeskik nie. Maar wat my regtig vreugde gee, is tuisgemaakte, of soos wat dit deesdae genoem word, artisan-roomys. Dit is nóg beter as dit vrugte bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar plekke wat ek in die Kaap besoek het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sinnfull in Houtbaai

Aan die agterkant van ’n Snoekies vis-en-tjips winkel is die groot Sinnfull-roomyswinkel. Ek het die toffie-, amandel-, en witsjokolade-roomys gehad. Heerlik!

Unframed, Kloofstraat

Die romerigste roomys in die Kaap. Party van die geure is geskik vir veganiste en die tekstuur is merkvaardig vir iets sonder enige suiwel. My keuse was gekarameliseerde piesang, beslis nie die nagemaakte piesang-smaak van vroeër jare se melkskommels nie.

Ice Dream, Houtbaai

Lekker romerige Italiaanse roomys. Dit is ’n gewilde hoekie in Houtbaai en een van die min plekke waar ek lietsjie-sorbet kon opspoor!

The creamery, V&A Food Market

’n Goeie plek vir koffie- en sjokolade-liefhebbers. Maar my liefde vir vrugte het my direk na die Prickly Passions sorbet gevat. Dit was heerlik romerig al was daar geen suiwel in nie.

Moro Gelato, Langstraat

Moro Gelato. My gunsteling. Die winkel is net te pragtig. Ouwêreldse sjarme in al die dekor. Van die geure is opwindend ongewoon soos die ricotta met vye. Die vye-sorbet het my terug gevat na my oupa se huis waar hy altyd vir my vye van die boom af gepluk en spesiaal vir my gehou het.

Ice Café, Kalkbaai

Die moeilikheid met die Kaap is dat, selfs op ’n warm dag, is die water steeds te koud om in te swem. Dankie tog vir hierdie winkeltjie. My keuse was die suurlemoen-kaaskoek.

Creme de Levain, The Sanctuary, Somerset Wes

Ook een van my gunstelinge. ’n Mooi bakkery wat heerlike roomys verkoop – teen ’n goeie prys! My gunsteling was die nougat-geur, dit proe asof hulle ’n Damascus-nougat in ’n menger gesit het.

Vir die van julle wat jul eie roomys wil maak, kyk gerus na hierdie liplekker idees van ons kosredakteur Vickie de Beer:

Vrugtelollies
Blitsige roomys
Lekker idees met roomys
Basiese vrugteroomys
Klapper en lietsjie roomys
Roomyshorinkies en wafels
Roomys kombinasies

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.