kategorieë: Leef gesondGesondheid

Moegheid weens lae yster of vitamien B

Is ons nie dikwels meer moeg as uitgerus nie? As jy soos ek is, skryf jy ‘yster’ op jou winkellysie of op jou Wunderlist-app en jy gooi ’n pakkie vitamienpille wat ekstra yster beloof in jou trollie. Moenie! Dit kan presies die verkeerde oplossing wees , sê Jeanie Nel, ADSA-dieetkundige in die Kaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Moenie sommer maar net aanvaar dat jou moegheid te doen het met lae ystervlakke nie. Dit kan ook veroorsaak word deur lae vitamien B-vlakke.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moet jy dan maar ’n vitamienpil aanskaf wat albei aanvul?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nee, dit is ook nie ’n goeie plan nie. In die een geval gaan ’n vitamienpil jou niks help nie en net jou geld mors, en in die ander geval kan jy jouself skade aandoen.

Kom ek verduidelik dit so: Gestel jy het ’n vitamien B12-tekort. Dit kan twee oorsake hê, soos dat jy nie genoeg vitamien B12 uit jou dieet kry nie of dat jou liggaam nie hierdie vitamien goed opneem nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In die eerste geval sal ’n vitamien B-aanvuller jou help, hoewel ’n dieetkundige jou sal aanraai om liewer klein aanpassings te maak sodat jy meer voedsel wat ryk is aan vitamien B eet.

Maar gestel jy kan eerlikwaar sê jy kry oorgenoeg vitamien B-ryke kosse in omdat jy jou gesondheid oppas en kyk na wat jy eet?

“Jy sal nie glo hoe algemeen dit gebeur nie. ’n Vitamien B-tekort is dikwels juis nie jou skuld weens onverskilligheid oor jou eetgewoontes nie. Die probleem is dat jou liggaam waarskynlik nie vitamien B12 kan opneem nie.”

B-vitamiene word deur die sogenaamde intrinsieke faktor in jou maagsappe opgeneem. Van 40jarige ouderdom neem die vlakke hiervan geleidelik af, en teen 60 kan baie mense regtig nie meer genoeg B vitamiene opneem nie.

“Dit beteken dat jou liggaam nie B-vitamiene kan opneem nie, maak dit nie saak hoeveel van hierdie vitamiene jy deur ’n pilletjie of deur kos inkry nie. Jy gaan dit bloot deur jou niere in jou uriene uitskei. Lae vitamien B-vlakke is ook ’n aanduiding van hoë homosisteïenvlakke, wat aan hartsiekte gekoppel kan word.”

Om op te som

• Vitamien B-pille kan jou help om oor jou moegheid te kom
• Dit kan ook ’n mors van geld wees as jou liggaam dit nie kan opneem nie
• Party mense neem eerder ’n vitamien B12-inspuiting om hul bloedvlakke direk aan te vul
• As jou vitamien B12-vlak laag bly, moet jou hartgesondheid ook geëvalueer word.

Lees ook

Is jy moeg weens te min yster?
Hoekom jy nie self ysteraanvulling moet doen nie
Tekens van lae ystervlakke
Jy hoef nie net vleis te eet vir vitamien B12 nie!
Tekens van lae vitamien B12-vlakke
Watter kosse is ryk bronne van yster?

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.