kategorieë: TrendsMode

Moet-hê items vir ’n nuwe ma

Gemaklike skoene

As jy nie reeds tydens jou swangerskap ’n paar van hierdie staatmakers aangekoop het nie, is dit nou die tyd. Oorweeg ’n tipe tekkie of veterskoen, omdat dit nie uit jou voete kan gly of op die vloer kan vashaak nie. Kies ’n tekkie wat lig is, jou voetvorm gemaklik omvou en ’n universele kleur is wat by baie van jou uitrustings pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lospassende trui

Met winter om die draai, kan ’n mens nie verkeerd gaan met ’n tydlose woltrui nie. Hierdie gemaklike item kan sommer net oor jou kop getrek word wanneer die minute in jou dag te min raak. Boonop steek dit ook die ekstra gewig van swangerskap weg en kan jy moeiteloos op jou beste lyk. Belê in goeie materiaal wat nie maklik uitrek nie en koop ’n baba-vriendelike kleur (donker) vir ingeval daar ’n onverwagse insident oor jou pad kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rekbroek

Dit is net so belangrik om ná jou swangerskap in ’n rekbroek te belê. ’n Gemaklike broek laat jou rondbeweeg sonder bekommernis en met die baba wat meestal in jou arms of op jou heup is, is dit slim om ’n broek te kies wat net bo jou heupe vasmaak sodat dit nie kan afsak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk: Is jy bang om onnodig geld aan kraamdrag te spandeer, omdat dit net tydelik is? Herontwerp jou kraambroek ná swangerskap deur die rek effens kleiner te maak om jou middel en terselfdertyd die gemak te behou.

Doeksak

Wees voorbereid én stylvol – ’n goeie doeksak kan ’n nuwe ma in enige situasie red. Kry een met genoeg spasie en kompartemente om jou items te organiseer vir wanneer jy vinnig iets benodig. Kies ’n sak wat gemaklik oor jou skouer hang en jy oral kan saamdra.

Oor-die-lyf-sakkie

Ruil jou skouerhandsak vir een van hierdie staatmakers. Om ’n baba aan die een heup en babasak aan die ander skouer te balanseer, kan ’n uitdaging raak en ’n ekstra skouersak wat kort-kort van jou skouer gaan afgly, pas beslis nie in daardie prentjie nie. ’n Klein sakkie waarin jy net die nodige kan saamdra, laat jou toe om die nuwe-ma-identiteit lag-lag baas te raak.

Besoek Mally Leather Bags se webtuiste hier

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.