kategorieë: KosGebakNagereg

Mojito-Pavlova

Mojito-Pavlova deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Goenoeg vir 6-8.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pavlova

  • 8 eierwitte
  • 500 g strooisuiker
  • 10 ml mielieblom

Lemmetjiesmeer (curd)
Genoeg vir 500 ml

  • 115 g botter
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 125 ml (½ k) vars lemmetjiesap
  • gerasperde skil van 2 lemmetjies
  • 60 ml (1⁄4 k) witrum
  • 6 eiergele
  • 250 ml room, geklop
  • Ekstra lemmetjies, gesny en vars kruisement vir opdiening

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit
  2. Gooi die eierwitte en suiker in ’n groot mengbak wat knus pas op ’n kastrol vol water. Verhit die mengsel, maar moenie laat kook nie.
  3. Gooi die warm mengsel in die bak van ’n staanmenger met die balklitser aangeheg en klop vir 15 min. tot sagte punte vorm. Meng die mielieblom in en skep die mengsel op
    die bakplaat.
  4. Vorm dit met ’n paletmes in ’n mooi hoë ronde vorm en bak vir 1½ uur.
  5. Skakel die oond af en laat die pavlova in die oond afkoel en uitdroog.
  6. Maak intussen die lemmetjiesmeer: Smelt die botter in ’n middelslagkastrol, haal van die hitte af en voeg die suiker, lemmetjiesap, -skil, rum en eiergele by. Roer goed deur.
  7. Sit terug op die stoof en laat vir sowat 7-10 min. saggies kook oor lae hitte. Roer die mengsel deurentyd. Wees versigtig, want die die eiers kan skif. Dit sal effens begin verdik, haal van die hitte af. Gooi in ’n bakkie en sit in die yskas waar dit nog verder sal verdik.
  8. Klop die vars room in ’n groot mengbak tot sagte punte vorm en vou die helfte van die lemmetjiesmeer by die room in.
  9. Sit die pavlova op ’n mooi opdienbord en skep die room-en-lemmetjie-smeer bo-op. Skep nog ’n bietjie van die lemmetjiesmeer bo-oor (bêre die res vir later) en tooi die pavlova met vars gesnyde lemmetjies en baie kruisement.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

17 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

20 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

21 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.