kategorieë: Ons menseBekendes

Monique Rockman gesels oor Nommer 37

Deur Catherine Schenck. Hooffoto: Fathom Media keyart.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nommer 37 (regie en draaiboek deur Nosipho Dumisa) is ’n Afrikaanse misdaadriller wat hom afspeel in ’n fiktiewe woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Randal Hendricks (Irshaad Ally) word verlam na ’n ongeluk en is dus rolstoel- en woonstelgebonde. Sy meisie, Pam (Monique Rockman), gee vir hom ’n verkyker as geskenk en hy begin om sy buurt dop te hou van sy woonstelvenster af. Randal is diep in die skuld by die sosiopatiese woekeraar Emmy (Danny Ross) wat sy pond vleis wil eis. Dus, wanneer Randal waarneem hoe ’n misdaad gepleeg word in die woonstelgebou oorkant hom deur die bendeleier Lawyer (David Manuel), beraam hy planne om Lawyer af te pers vir geld …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klik hier om meer uit te vind oor dié film.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou karakter Pam, en haar verhouding met Randal en Warren.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pam en haar liefde vir Randal is die lig in ’n baie donker werklikheid. Haar krag lê ook daarin dat sy so broos en half onskuldig is tussen al die klomp scary karakters. Sy het ’n baie interessante karakters-ark vanaf die begin van die fliek, waar ons haar ontmoet, tot teen die einde van die fliek ná al die gevare en gruwels waarin sy en Randal hulle bevind.

Warren is hul goeie vriend. Hy is Pam se enigste en beste vriend wanneer Randal maande lank in die hospitaal is. Warren vorm deel van die liefdesdriehoek toe Randal begin jaloers raak.

Fathom Media / keyart.co.za

Pam is baie lojaal teenoor Randal – en sy sal baie ver gaan om lojaal te bly. Kan jy meer vertel oor hierdie eienskap van Pam en hoe dit by die fliek inpas?

Die lojaliteit wat Pam vir Randal het, is admirable maar terselfdertyd frustrerend. ’n Mens kan amper nie glo dat sy by hom stick ondanks al die leuens en verkeerde besluite nie. Sy is natuurlik baie lief vir hom en hulle is al wat elkeen in die lewe het.

Die fliek is ʼn riller, maar terselfdertyd ʼn liefdesverhaal …

Dit is ’n liefdesverhaal en jy word meegesleur en gefassineer met hoe Randal en Pam (of enigiemand) nog kans sien of tyd het om lief te hê in sulke omstandighede. Die romanse tussen hulle was vir regisseur Nosipho Dumisa baie belangrik, en om eg te lyk moes ons ’n regte chemistry op die stel bou. Dit laat die kykers regtig “root” vir die paartjie.

Fathom Media/ keyart.co.za

Hoe was dit om ʼn karakter soos Pam te vertolk? Hoe het jy voorberei vir hierdie rol, en wat was die uitdagings?

Ek het baie daarvan gehou. Dit was lekker om die popagtige, sagte mensie teenoor Irshaad Ally (wat Randal vertolk) en Danny Ross (wat Emmie, ’n sadistiese geldskieter) se harde karakters te speel. Ek het nie baie tyd gehad om my voor te berei nie. Ek moes myself ondersoek en dinge in my na vore bring wat ek lankal begrawe het om Pam se emosies eg te maak. Dit was dan ook die moeilike deel, ook om fisiek en emosioneel ge-man-handle te word was nie aldag maklik nie. Ek moes ’n paar keer diep asemhaal en trane afvee. Maar die feit dat ons in die hande van ’n goeie stunt team was, het baie gehelp om veilig te voel.

Kon jy jou met Pam vereenselwig?

Ja, in die sin dat ek sag en sensitief is, maar ek weet hoe om te survive.

Hoe het jy en Irshaad Ally, wat Randal vertolk, te werk gegaan om die nuanse van die komplekse tonele saam uit te beeld?

Ek en Irshaad was albei heeltyd ten volle gefokus. Ons het Randal en Pam elke dag op stel uitgeleef. Albei het groot respek vir die tipe  karakters en hul stories. Ons ken mekaar al lank en was gemaklik.

Vertel ons meer van die ervaring op die stel – is daar iets wat vir jou uitstaan?

Dit was ’n great ervaring. Die make-up department sal altyd my gunsteling wees. Ons het daar afgepak, gelag en gehuil. Ek mis hulle baie.

Fathom media/ keyart.co.za

Hoe was dit om saam met Nosipho Dumisa, die regisseur en skrywer, te kon werk?

Nosipho is fantasties. Sy’s ’ briljante skrywer en haar visie is so gefokus, sy weet presies wat sy wil hê. Sy het geweet hoe om my te push sodat ek my beste performance kan gee.

Nommer 37 is baie goed ontvang oorsee: dit het in Cannes gedraai asook die South x Southwest (SXSW)-fees in die VSA en dit gaan later vanjaar by ander feeste verskyn. Hoe voel dit om deel te wees van ʼn projek wat so goed doen?

Dis exciting om deel van ‘n wêreldbekende fliek te wees. Dis iets waarvan ek van kleins af droom.

Waarom dink jy hou soveel kykers van hierdie fliek?

Mense hou van die movie want ons vertel uiteindelik ’n storie oor egte mense – nie net stereotipes oor bruinmense en gangsters op die Kaapse Vlakte nie. Plus die hele span se hart is in die movie en jy kan dit voel.

Wat dink jy is die belangrikste boodskap van Nommer 37?

Vir my is die belangrikste boodskap dat jy altyd ’n keuse het om die regte besluit te maak, selfs in die moeilikste omstandighede … want die verkeerde besluit kan jou alles kos.

Kyk hier na die lokprent van Nommer 37

Jy vertolk ook die rol van Beverley Kearns in die nuwe SABC2-reeks Onder die Suiderkruis. Vertel ons van hierdie ervaring.

Dis ʼn hele nuwe experience, en nog ’n eerste vir my, want ek het nog nie ’n hoofkarakter in ’n TV-reeks gespeel nie. Die karakter is wel baie ligter as Pam! Maar ek moet erken, ek was senuweeagtiger op die stel van Onder die Suiderkruis. Ek het baie geleer en het dit geniet. Elizabeth Archer (die regisseur) is ’n engel: Sy het ’n moederhart en dit was regtig so lekker om deur haar direct te word.

Waarna kan kykers uitsien in hierdie reeks?

Hulle kan uitsien na ’n gelag, gehuil en lekker drama. Ek dink hulle gaan sommer baie van Beverley Kearns hou, sy’s ’n sterk vroutjie.

Lees hier om meer uit te vind oor Onder die Suiderkruis

Watter soort rol sal jy nog graag wil vertolk?

Ek sal baie graag ’n action hero soos Milla Jovovich in Resident Evil wil speel wat zombies doodmaak, en natuurlik iets soos Tomb Raider, maar miskien ’n Suid-Afrikaanse weergawe?

Watter stories dink jy moet meer vertel word, veral in Afrikaanse flieks?

Stories soos dié (Nommer 37) moet meer vertel word: Regte mense, nie net stereotipes nie.

Wat is die lekkerste ding wat jy al vir jou werk kon doen?

Ek hou van reis. Ek was ’n paar keer in Doha, Katar, met kinderteater. Dit sal altyd vir my die beste herinneringe wees. Die hotelle, die kultuur, die exploring … Ek kan dit vir ewig doen.

Vertel ons meer van jou gesin, en wat die lekkerste van ma-wees?

Ek is ’n gesinsmens. My man, Keenan, en seuntjie, Axel, is die belangrikste mense in my lewe. Ek en Keenan lag ons klaar vir Axel se maniere en hy kom elke dag met nuwe dinge huis toe. Hy groei so vinnig … Ons probeer maar als met ’n sin vir humor aanpak, al is dit nie altyd maklik nie!

Die lekkerste ding van ma-wees is as ek kos gekook het en my boys geniet dit. Die soentjies en drukkies. Dis lekker om ná ’n lang, harde dag  huis toe te gaan en omring te word deur liefde (en nappies, en einas, en speelgoed wat rondlê – als wat ’n mens weer normaal laat voel).

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.