Mooi naelkleure vir die somer deur Corné Greeff. Hooffoto: Corné Greeff
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Pastelskakerings op jou naels lyk altyd mooi vroulik en sag en is perfek vir as jy dink helder skakerings pas nie by jou nie. Kies uit ’n roomyskleurpalet van laventel, hemelblou tot rooskwarts, wat ook as millenniumpienk bekend staan.
Foto: Corné Greeff
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Van links na regs:
Helder kleure was verlede jaar ’n groot tendens, maar dit is ook perfek vir hierdie somer. Vir een of ander rede laat dit my sommer gelukkig en opgewonde voel. “Kleur jou naels in” met kobaltblou, rooi, pienk en geel, en as jy nie braaf genoeg is om dit op jou hande te doen nie kan jy eksperimenteer met kleur op jou toonnaels.
Lees ook: Dra helder kleure só
Foto: Corné Greeff
Skitterende metale word met luuksheid en oorvloed vereenselwig en is hoogmode. Jy kan hierdie somer jou naels laat glinster soos juwele in metaalkleure. Jy hoef nie noodwendig al tien jou naels in ‘n skitterende metaalkleur te verf nie; as jy voel dit gaan “te erg” wees, verf dan eerder net een of twee van jou naels en vorm dan so aksentnaels.
Foto: Corné Greeff
Links van bo na onder:
Regs van bo na onder:
Roomyskleure en aksentnaels
Helder kleure
Metale
Dink aan jou naels as ’n skilderdoek, wees braaf en kreatief en probeer hierdie somer iets nuuts! As jy nie van die kleur hou nie, of dit kom nie uit soos jy dit wou gehad het nie, kan jy dit altyd net weer afhaal en ’n ander kleur aanverf!
Deel gerus ’n foto van jou somer-naels op Instagram en gebruik die hutsmerk #rrSkoonheid sodat ons dit kan sien.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.