kategorieë: VelsorgSkoonheid

Multi-maskers: Gebruik al jou gesigmasker-produkte op en maak dit pret

Multi-maskers: Gebruik al jou masker-pakkies op en maak dit pret. Deur Suzanne Kotzé. Foto: AleksandarNakic/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Multi-masker met al daardie laaste bietjies

Maak jou masker-velsorgprodukte leeg deur die verskillende bietjies op verskillende dele van jou gesig te smeer as ’n multi-masker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak net seker dat jou masker nie dalk al verval het nie!

Lees ook: Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is ’n multi-masker?

Ons vel-selle werk nie oral dieselfde nie, en daarom benodig dit verskillende maskers vir verskillende eienskappe.

“Een van die grootste redes waarom ons maskers aanwend, is óf om weg te neem waarvan ons velle te veel het (soos olie), óf  terug te gee waarvan dit te min het (soos vog)”.

Lees ook: Kry jou vel gereed vir herfs

6 redes waarom ons maskers aanwend

  1. Voeding – maskers is ryk aan vitamiene en minerale
  2. Ontgifting en herstel – dit bevat bestanddele wat kalmering en epidermale herstel aanmoedig
  3. Hidrasie – dit help om die vel se vog-inhoud reg te stel en te behou
  4. Olie-beheer en sebum-onderdrukking – dit bevat bestanddele wat help om olie te stabiliseer, sebum-produksie te onderdruk en merkies te voorkom
  5. Afskilfering – dit help om dooie selle, meganies (met korreltjies), ensieme of chemikalieë te verwyder
  6. Verheldering – dit bevat bestanddele wat pigmentasie en ouderdomsvlekke ligter laat lyk

Lees ook: WEN ‘n Hello Sunday-geskenkpak van Clicks, ter waarde van R2 000!

Watter masker gebruik jy waar?

T-sone

Jou voorkop, neus en ken (T) is gewoontlik meer olierig en dit is ook waar jy meestal sukkel met vergrote porieë.

Kies klei- en steenkoolmaskers wat onsuiwerhede uittrek. Steenkool trek onsuiwerhede soos ’n magneet uit en klei is goed om oortollige olie te absorbeer.

Wange

Jou wange, veral aan die bo-kant, is gewoontlik die dele wat droër is, so kies ’n masker wat hier sal vog gee.

Onder jou oë

Die vel onder jou oë is baie dunner en die meeste produkte wat ons op ons gesig aanwend, kan gewoontlik nie hier aangewend word nie. Maskers wat vog gee en vel lig of stywer maak, sal hier werk.

Lees ook: Ses slim skoonheidswenke

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.