M-Net bring ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die gewilde Australiese kookprogram, My Kitchen Rules, na jou sitkamer (en kombuis) toe. Die program beloof om baie opwindend te wees soos die spanne spartel om te kook en hul gaste en die beoordelaars gelukkig te hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die twee beoordelaars vir hierdie warm nuwe program is topsjef David Higgs van Marble-restaurant in Rosebank, Johannesburg en aspirant-sjef J’Something, beter bekend as lid van die popgroep Mi Casa.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }In die Suid-Afrikaanse weergawe moet vyf pare tuiskokke met mekaar meeding om as die uiteindelike wenners aangewys te word. Die eerste paar rondes sal die kokke tuis kook vir die ander spanne en sjefs. Daarna sal dié wat deurgedring het na die finale rondes moet deelneem in hoëdruk-kooksituasies in die ateljee-kombuis van My Kitchen Rules.
Die spanne bestaan uit mense wat bestaande verhoudings het en kook geniet, en hierdie seisoen se deelnemers is iets van alles. Daar is beste vriende, wat hulself die Food Dudes noem, wat graag ’n Sjinese restaurant wil oopmaak. Daar is die ma-en-dogterspan van Caledon wat tradisionele plaaskos met ’n moderne aanslag aanpak. Dan is daar die egpaar met komplementerende kosmaakgewoontes, die boekklubvriendinne wat kookboeke wil skryf, en die beste vriendinne van Bloemfontein wat by almal se partytjies saamspan om kos te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die wenspan sal nie net die beste disse moet voorsit nie, maar ook die spanning van saam in ’n kombuis werk moet oorleef. Die program se leuse is “Come for the food, stay for the drama” en dit lyk asof dit die geval sal wees! Die eerste episode sal op M-Net (DStv, kanaal 101) plaasvind om 16h00 op Sondag, 13 Augustus.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.