kategorieë: KalenderOntspanning

Mystery Ghost Dinners-spookete

Mystery Murder Dinners was nog altyd gewild, maar nou het Mark Rose-Christie, eienaar en skepper van die alombekende Mystery Ghost Bus Tours in Suid-Afrika, ’n nuwe byvoeging tot die toere gebring: Mystery Ghost Dinners. Hierdie aandpartytjie bied jou die geleentheid om ’n aand (van 19h00 tot 23h00) in een van die bekendste spookhuise te spandeer – die Smuts-huis in Irene. Die ligging van Jan Smuts se huis maak dit toeganklik vir gaste van beide Pretoria en Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Smuts-huis

Die aandete sluit ’n spooktoer en optredes in. Die aandete self word bedien in eetware wat dateer uit die Smuts-periode. Gepaard met die kandelabers en die eetkamer se dekor sal dit voel asof jy jouself in die verlede bevind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met jou aankoms by dié ete sal Mark Rose-Christie, jou gasheer vir die aand, jou met ’n klaviermedley van Andrew Lloyd-Webber se Phantom of the Opera-musiekblyspel vermaak op dieselfde klavier waarop Issie Smuts gespeel het. Hierdie sal gevolg word deur ’n toer na die spookgedeeltes van die huis en jy sal opeindig in die “Donker Kamer” waar die toer eindig met ’n verrassende rilling.

Mark Rose-Christie, jou gasheer.

Nadat voorgereg bedien is, sal daar ’n Victoriaanse-styl séance uitgevoer word, kompleet met voorwerpe wat uniek was aan daardie tyd se séance-geleenthede, soos spookleiklippe, waarop outomatiese skrywery sal plaasvind tydens dié kommunikasie met die dood. Na aandete sal Mark en sy seun Kyle (self ’n medium), ’n Vaudeville Spookkabinet-opvoering aanbied. Hier sal gaste die geleentheid kry om deel te neem aan die opvoering. Saam met nagereg en koffie sal Mark die aand afsluit met ’n rillende einde, wat selfs die mees geharde twyfelaar sal laat glo …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Anders as die Mystery Ghost Bus Tours, waar ’n mens individuele kaartjies kan koop, sal Mystery Ghost Dinners slegs uitgevoer word vir groepe. Rose-Christie het egter besluit om ’n openbare ete aan te bied waarby individue kaartjies kan bespreek. Kontak Mark direk by MarkRoseChristie@gmail.com waar jy die besprekingsinligting sal ontvang. Dis belangrik om vroeg te bespreek want die ete is beperk tot 30 sitplekke!

Indien jy as groep wil bywoon kan besprekings gemaak word vir 24 tot 30 persone op ’n slag. Die koste is R595 per persoon, en ’n kontantkroeg is beskikbaar.

Vir verdere inligting, besoek die webblad … as jy braaf genoeg is!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.