kategorieë: ReisOntspanning

Townhouse Hotel: die Moederstad se grootste geheim

Wat ’n lekker voorreg om ’n aand te kan deurbring in een van die juwele van die Moederstad. Ek het al welkom gevoel die oomblik toe ek plek by Townhouse bespreek het. Die gasvryheid en vriendelikheid is bevestig toe ek by die deure instap. Ek was tuis in die hartjie van die stad!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tydens my verblyf was die personeel gewillig om my te help en om my verblyf so gerieflik moontlik te maak. Hulle behandeling is uiters professioneel ongeag die uur van die dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Townhouse bied verskillende kamergroottes wat by elkeen se behoefte pas. Ek het in ’n ruim kamer tuisgegaan en al die elemente wat ’n reisiger benodig, was daar. Die diens maak voorsiening vir beide reisigers en diegene wat net ’n bietjie wil wegbreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dekor is modern, maar steeds ‘huislik’ en gemaklik.

Die hotel is in die hartjie van Kaapstad geleë en na aan die sake-kern. Dit is dus ideaal vir sake-reisigers. Maar dit is ook na aan verskeie toeriste-aantreklikhede en ek kan dit aanbeveel vir reisigers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die besienswaardighede binne loopafstand is Distrik Ses, die Slawe kwartiere, Suid-Afrikaanse Nasionale Galery, die Iziko Suid-Afrikaanse Museum en die Planetarium. Die kompanietuine is net om die draai en jy kan ’n draai gaan maak by van die beste restaurante in die stad en die beste koffie beproef by koffiewinkels soos Truth Coffee (wat as die beste koffiewinkel ter wêreld aangewys is). Jy moet ook seker maak jy gaan proe aan die uitmuntende gebak by Charly’s bakkery.

Lees ook: Die wêreld se beste koffiewinkel in Kaapstad

Lees ook: Beste plekke vir “High Tea” in Kaapstad

Trees Restaurant is in Townhouse geleë en is ’n goeie keuse as jy ’n rustige aandjie met smulkos wil geniet. En as jy nie baie honger is nie, kan jy die eetgoed by Trees Café beproef.

Waterbesparende maatreëls, wat tans in die Wes-Kaap toegepas word, is ook in die hotel van krag en ek het sigbare tekens gesien dat gaste aangemoedig word om te bespaar.

Townhouse het ’n ‘Bucket Challenge’ wat aan elke kamer ’n emmer voorsien om in die stort te gebruik. Gaste word versoek om dit saam te neem wanneer hulle stort om die ekstra water op te vang wat later as gryswater in die hotel se tuin gebruik kan word.

Lees ook: Waterwys met watertenks

Ek het my verblyf baie geniet en sal Townhouse Hotel met graagte aanbeveel.

Bepreek by (021) 465 7050 of besoek townhouse.co.za

Die Facebookblad is facebook.com/Townhouse-Hotel

Twitter is @Townhouseza

Instagram is @townhouse_hotel

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.