Dié stelling beskik oor ’n f.lux-funksionaliteit wat ’n beter nagrus beloof. Dit kom weens die gevorderde tegnologie wat hierdie stelling toelaat om jou foon se huidige lokasie en horlosie te gebruik om uit te werk wanneer die son in jou omgewing gaan sak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Wanneer hierdie kalkulasie gedoen is sal die Night Shift-stelling die beligting op jou Apple-toestel “na die warmer kant van die kleurspektrum” verander.Dit beteken dat die lig op jou toestel se skerm sagter op jou oë sal wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hierdie toep is gebaseer op verskeie studies wat toon dat die blootstelling aan harde, blou lig in die aand jou sirkadiese ritmes affekteer wat veroorsaak dat jy moeiliker aan die slaap raak. Night Shift help om hierdie probleem te bekamp deur die stremming op jou oë te verminder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Volgens Apple is hierdie stelling spesifiek vir diegene wat laat werk of hulself saans in swak beligting vind, ontwerp; tog kan dit deur alle Apple-aanhangers gebruik word. Wat dit nog beter maak is dat alles outomaties is. Die oorspronklike helderheid van jou toestel se skerm sal dus soggens weer na normaal sal terugkeer sonder dat jy self aan die stellings hoef te raak!
Die iOS 9.3-opgradering is egter steeds in sy beginfase en sal eers op ’n latere stadium in Suid-Afrika beskikbaar wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.