kategorieë: Ontspanning

Bekende Afrikaanse fliek maak miljoene

Koos Roets se nuwe Afrikaanse fliek, ’n Pawpaw vir my Darling, het binne die eerste vyf dae na opening R1.1 miljoen by die loket verdien en is deur nagenoeg 22 000 mense gesien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koos, wat die film geskryf het en die regie daarvan behartig het, sê van die rolprent se sukses: “Ek was van meet af aan oortuig dat ons gehore nie onderskat moet word nie, dat ons kykerspubliek ’n vlak van volwassenheid bereik het waar hul beslis oop sal wees vir die storie van ’n Pawpaw vir my Darling, dat hul die eerlikheid daarvan sal kan waardeer en begrip en deernis vir die karakters sal hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek glo vas dis ’n film waarvoor die Suid-Afrikaanse gehore hul harte en koppe kan oopmaak, dat hul sal lag, maar ook oomblikke sal hê waar hulle stil sal dink en selfs kort duskant ’n traan of twee sal draai… en vir ’n rukkie na die film gaan die karakters van Frik du Preezstraat 24, Damnville, nog in hulle koppe ronddwaal.”

Die rolprent wat op Jeanne Goosen se roman gebaseer is en die verhaal vertel van die Beeslaers van Frik du Preezstraat 24 in Damnville, laat kykers skater van die lag. leis en Soufie Beeslaer probeer kop bo water hou met ’n klein inkomste, ’n dogter wat dreig om Hollywood toe te gaan, sonde met die bure, ’n ouma in ’n karavaan agter in hul erf en Vleis se ma wat gereeld pierewaaiers by hul huis aanbring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Akteurs soos Deon Lotz, Deirdre Wolhuter, Brümilda van Rensburg, Willie Esterhuizen, Lida Botha, Marga van Rooy, Marcel van Heerden en Hannes Brümmer is deel van die rolverdeling, maar dis die Beeslaers se hond, Tsjaka (wat deur Zeus vertolk word en Tobie Cronjé as ‘stem’ het) wat die Beeslaers se vrolik en hartseer met die gehoor deel.

André Scholtz, vervaardiger van die rolprent sê: “Ek is baie gelukkig met die opkoms, maar veral met die reaksies van die kykers. ’n Sagte maar soms ’n taai toffie… tog blyk dit dat ’n verfrissende effek op hulle gehad het. Alle eer aan Jean, Koos en die akteurs.”

’n Pawpaw vir my Darling word deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik en wys tans landswyd in teaters.

*Lees ons onderhoud met Koos Roets in ons Februarie 2016-uitgawe.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

13 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

16 hours Gelede

My ma se appeltert

17 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.