kategorieë: In die nuusJou lewe

’n Brief van die redakteur

’n Brief van die redakteur deur Martie Pansegrouw. Hooffoto:iStock/MonicaNinker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is ’n eerste vir ons

Vandag sou ons Mei-uitgawe die rakke begin bereik het.

‘n Uitgawe waarin ons fokus sou wees op Moedersdag, die eerste tekens van die winter, mode- en skoonheidsnuus en al die nuwe style wat hierdie seisoen vir ons voorlê, heerlike warm bredies en Moedersdaggebak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, meer as halfpad deur ons siklus het die ingrypende voorbereiding wat die nuwe koronavirus in sy spore moet stuit, ons almal hard getref.

Dit was soos om trompop in ’n klipmuur vas te loop. Ons sou eenvoudig die res van die werk van die huis af, elkeen in afsondering, bladsy vir bladsy moes gaan klaarmaak.

Vol moed en met kragdadige beplanning en voorbereiding het ons die taak aangepak. Elkeen het sy rol in die proses geesdriftig opgeneem en ons het mekaar per foon gekontak en met videoplanne in die oë gekyk.

Net om mettertyd te besef dat die drukkers en verspreiders, waar duisende mense werk, ook sou moes tuisbly om aan die inperkingsoproep gehoor te gee. Boonop sou ’n glanstydskrif nie as essensiële produk gekategoriseer word nie …

Uiteindelik en ná baie heen-en-weerdery moes ons die onvermydelike aanvaar en daarin berus.

Vir die eerste keer sedert ons ontstaan in 1942, toe ’n tekort aan papier in die oorlogsjare bepaal het óf en wanneer rooi rose op die rakke sou kon verskyn, was ons weer daar. Die Mei-uitgawe sou glad nie gedruk en versprei word nie. Mense se lewe en die broodnodige afsondering wat moes heers om dit te bewerkstellig, het belangriker geweeg.

Maar ons wou graag van ons Mei-uitgawe waaraan ons almal so hard gewerk het, met julle deel. Daarom het ons hierdie spesiale nuusbrief saamgestel sodat julle steeds iets daarvan kon hê.

Dit sal ons almal aan die gang hou terwyl ons steeds hard aan die werk is aan ons Junie-uitgawe wat vanaf 25 Mei 2020 op die rakke sal verskyn.

Intussen kuier ons voort op ons webwerf, rooirose.co.za, ons kry mekaar skrams te sien op twitter, waar ons menings uitruil, deel lieflike foto’s op Instagram en gesels kopstukke op facebook.

Ons leer mekaar heelwat beter ken op ons podsendingskanaal, rrRadio, en raak van voor af vriende met bekendes soos Margaret Gardiner en ander wat op blogs hul lewe met ons deel.

En dis boonop alles gratis.

Terwyl ons nou almal in dieselfde tuisblymodus ons nuwe normaal beleef en bekommerd wonder hoe die wêreld en ons lewe daar gaan uitsien as ons nie meer ingeperk moet bly nie, kan ons mos mekaar steeds dra en ondersteun.

Geniet hierdie tjok-en-blok-nuusbrief, hoop ons sien jou êrens op een van ons platforms en hou goeie moed …

Martie en die rooi rose-span

’n Brief van die redakteur

Loer hier vir spesiale inhoud vir jou

Loer hier vir spesiale inhoud

Swart op wit: Is jy nog daar?

“Teen die tyd dat jy hierdie rubriek lees, sal dit reeds meer as twee maande wees sedert die onderstaande stuk geskryf is. Dit is hoe tydskrifte werk. Reg aan die begin van daardie twee maande – nou, vanaand, terwyl ek hier sit en skryf by die lig van my lamp, die krag wonderbaarlik aan – is dit aan die vooraand van “Lockdown” …”

Lees Valiant Swart se rubriek hier.

’n Mikrofoon kan die skanse laat val

‘n Mikrofoon het ‘n vreemde manier om die skanse te laat val, en die eindresultaat is verfrissend inspirerend, soms ontroerend en dikwels baie snaaks, soos ons gratis podsendingreeks Tee & Taai Toffies bewys. Loer hier om op te vang met ons  lekkerluister-geselsies met plaaslike bekendes.

iStock

Lees ook: Wat is podcasts? En hoe kan ek daarna luister?

Corine du Toit: So gelukkig

Die aktrise Corine du Toit is nog net so modelmooi as toe ons haar 16 jaar gelede as die jong Jane Edwards in die sepie Egoli leer ken het. Maar op veertig plus het Corine ’n nuwe lewensrypheid, sy skitter in 7de Laan en is die trotse ma van ’n sesjarige knaap.

Klik hier om ons onderhoud met Corine te lees.

Corine du Toit: So gelukkig

Brandon Auret – eintlik maar ’n skamerige ou …

Jy onthou hom dalk nog as Leon du Plessis in Isidingo. Hy is die afgelope paar weke te sien Still Breathing, MNet se plaaslike dramareeks, en hierdie keer speel hy die rol van ’n voorstedelike pa. Ons het met hom gesels oor sy loopbaan en pa-wees.

Klik hier om ons onderhoud met Brandon te lees

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Wat verklap jou ringvinger oor jou?

Watter vinger is by jou langer: jou ringvinger of jou wysvinger? Kyk gou – en kyk net wat dit alles verklap … Klik hier

Wat verklap jou ringvinger oor jou?

Hekel – véél meer as net handwerk

Hekel word die nuwe joga genoem. En met goeie rede. Die ontspannende, meditatiewe eienskappe daarvan word wyd besing. In hospitale, klinieke, skole en selfs tronke word hekelwerk al hoe meer gebruik om mense te help om ‘n gesonder, gelukkiger lewe te lei.

Klik hier om meer uit te vind oor dié terapeutiese stokperdjie.

Hekel – véél meer as net handwerk

Die heerlikste Moedersdag-spyskaarte

Moedersdag is om die draai en hopelik kan ons dit met ons geliefdes deurbring. Hier is ’n paar van ons gunsteling-spyskaarte – van ’n saamkuier- en kook-spyskaart tot ontbyt in die bed en ’n high tea.

Klik hier vir die spyskaarte

Kortverhaal: Om vrij te raak …

Dis die somer van 1669, Kaap de Goede Hoop. Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, dié dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie …

Klik hier om dit nou te lees

Om vrij te raak iStock/mikedabell

Die lekkerste nommerspeletjies om nou af te laai

Ons het die lekkerste nommerspeletjies en -raaisels wat jy GRATIS kan aflaai. Daar is ook lekker aktiwiteite vir kinders! Klik hier

Klik ook hier vir heerlike blokraaisels en woordspeletjies

iStock/ GRATIS nommerspeletjies en -raaisels

Ons daag jou uit!

Na weke van geen grimering, daag ons ’n paar kollegas en bekendes uit om sewe dae lank elke dag lipstiffie te dra. Die gevolg? Ons voel nie net beter nie, maar ook meer energiek. Daag gerus ’n vriendin uit en kyk of dit vir julle ook werk. Loer hier om saam met ons die #rrLipstiffieUitdaging te doen. <3

Inspirasie vir jou klerekas

Mode is een van die beste maniere om jou ouderdom, gemoed en persoonlikheid uit te beeld. Hier is ses stylvolle ouer vroue wat ons inspireer om ons persoonlikheid uit te beeld met wat ons dra. Klik hier om meer te sien.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.