kategorieë: Reis

’n Lang staptog vir bewustheid

Stel jou voor. Jy bedank jou werk, pak jou besittings in ’n rugsak en stap sowat 3 000 km langs die Suid-Afrikaanse kuslyn. Alleen. Grant Christie, ’n voormalige ingenieur, het dit gedoen. Sy ontevredenheid met die lewe en sy liefde vir die natuur was die krag agter Six Million Steps, ’n ekspedisie waarin hy hoop om mense van natuurbewaring bewus te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Christie se tog, wat na verwagting sewe maande gaan duur, het in Oktober laasjaar by Alexander-baai aan die Wes-Kus begin. Sy roete gaan by Kosi Baai aan die noordkus van KwaZulu-Natal eindig. Aan die einde van die ekspedisie, sal die roete deur van die spesiale gebiede soos die ses Suid-Afrikaanse top nasionale parke gaan: Namaqua (NNP), Wekus (WCNP), Tafelberg (TMNP), Agulhas (ANP), Tuinroete (GRNP) en Addo-olifantpark (AENP).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Uur na uur in die warm son en uitgelewer aan die elemente is van die uitdagings wat Christie elke dag trotseer. Dit is nie altyd maklik nie. Om ses tot agt uur per dag op ’n strand te stap, is nie so idillies soos dit klink nie. “Sommige dae word ek wakker met pynlike voete en wil nie meer loop nie, maar ek het nog nie een keer gedink om huis toe te gaan nie. My ervaring van die wildlewe aan die kus en die mens se effek daarop het my net nog meer met passie gevul vir wat ek doen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Druk en baie emosionele dinge het hom die eerste helfte van die roete gepla. Onooglike rommel wat oor die strande gestrooi is en verreikende gevolge vir die marine-lewe inhou, ontstel hom. Maar hy het opgelet dat die besoedeling veel minder in die nasionale parke is. Nie net vistermanne sukkel om te oorleef weens die afname in visgetalle nie. Seeleeus was eens ’n algemene gesig in van die parke, maar nou is daar kommer oor hulle situasie.

“Ek het 86 dooie seeleeus in die vier kilometer voor Lambertsbaai getel en sowat 2 000 verrottende karkasse tussen Doringbaai en Draaihoek gesien.” Christie beskryf dié emosienle ervaring as die moeilikste van die roete sover.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is nie als negatief nie. “Dit was goed om baie Afrika swart oestervangers op die strand te sien. Dit lyk of hulle goed doen.” Ander hoogtepunte sluit in die fantastiese fauna en flora van NNP, vriendelike mense langs die weskus en wild wat by Kaappunt op die strand loop.

Wat dra mens in jou rugsak as jy soveel ure met jou voete loop? Buiten ’n tent en noodsaaklikheid soos kaarte, kos, water, klere, elektroniese toerusting en sonbrandmiddel het hy plek gemaak vir sy harmonika en ukulele (’n klein Hawaiise kitaar). Hy sou graag meer ruimte wou hê. “Om elke oggend my sak te pak, is moeilik,. Ek mis dit om ruimte te hê waar elke ding ’n plekkie het.”

Dit klink nie na pret om elke aand in ’n beknopte tent te slaap nie, maar gelukkig het barmhartige Samaritane al gereeld vir hom oornagplek aangebied om die saak te steun. Omdat gewig belangrik is dra hy net kositems met die hoogste energie tot gewig verhouding saam. “Ek eet baie protein met koeskoes of noedels, maar mens raak na ’n ruk moeg daarvan.”

Hierdie geesdriftige natuurbewaarder beplan nie om terug te keer na ingenieurswese as sy tog verby is nie, maar wil tyd neem om te besluit wat hy daarna wil doen.

Christie word deur die Wilderness Foundation ondersteun. Sy tog sal in Mei ten einde loop.

Volg hom op www.facebook.com/6millionsteps of Twitter (@grant_christie)

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.