kategorieë: WenkeMode

’n Nuwe voorkoms: Grys en glansryk

’n Nuwe voorkoms: Grys en glansryk deur Justine Kroes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie het ’n nuwe voorkoms gekry?

Naam: Mel Johnstone-Robertson
Ouderdom: 44
Beroep: Tuisblyma

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer oor Mel

Mel het gevoel sy het ’n nuwe voorkoms nodig nadat sy vroeër vanjaar besluit het om haar werk in juweliersware-ontwikkeling te laat vaar om na haar agtjarige tweeling om te sien. Sy het ook besluit om aan haar gesondheid aandag te gee, en ’n vars, nuwe voorkoms is net wat sy nodig gehad het in dié nuwe fase in haar lewe.

‘Dit was vir my ’n lewensveranderende ervaring. Die talentvolle span het vir my soveel selfvertroue gegee – hare, grimeerwenke en styladvies … Dankie vir die fantastiese wenke en geleentheid’

Mode

Voor:

’n Nuwe voorkoms: Grys en glansryk

Geselligheid

Die treffende swart en wit uitrusting is ideaal. Die wit tydlose bloes val sag oor haar halslyn. Ons het die bloes ingesteek vir ’n meer moderne voorkoms.

Die swart noupypbroek het Mel se hart gesteel, en die lengte van die broek beklemtoon haar lang, slanke bene. Dra ’n kunsleerbaadjie op koeler dae.

Die voorkoms kan vinnig verander word in ’n rondrits-ma styl. Verruil die bloes vir ’n T-hemp en die hakskoene vir gemaklike tekkies.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Grys en glansryk

Aand

Die eenstuk pas Mel soos ’n handskoen en is ideaal vir ’n aandgeleentheid. Sy lyk treffend, vroulik en modern. So ’n eenstuk is perfek vir almal wat nie graag rokke dra nie, maar verveeld is met hul gewone broek-en-bloes-kombinasies. Die unieke ontwerp beklemtoon weer eens Mel se mooi halslyn en arms.

Gaan sy op ’n naweekuitstappie, verruil sy die hakskoene vir sandale en ’n sonhoed en siedaar! die wynplase wag!

Na:

Naweek

Mel dra nie rokke nie maar sy lyk asemrowend in die maksirok en het gestraal toe sy die rok aanpas.

As jy soos Mel nie graag rokke dra nie, probeer ’n midi- of maksirok, dit is minder uitdagend en jy sal steeds gemaklik voel met die lengte.

Die snit van die rok beklemtoon haar pragtige skouers en arms.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Grys en glansryk

Skoonheid

Voor:

Grimering

Mel verkies ’n eenvoudige grimeerroetine.

Grimeerkunstenaar Cheryl Parker gee raad: “Mel sukkel soms met ’n rooi ondertoon, gebruik ’n groen voorbereidingslagie wat rooiheid sal teëwerk en minder opvallend sal laat lyk. Gebruik dan ’n bevogtigende onderlaag, verbloemer vir donker kringe onder die oë en blosser op die wange wat vir daardie jeugdige glans sorg. As jy van natuurlike lipstiffieskakerings hou, kyk na die kleur binne jou lip en probeer ’n kleur so na moontlik daaraan kry. Mel kan ’n swart oogomlyner bo en onder op haar wimperlyn gebruik, asook brons oogskadu op haar ooglede wat haar grys hare sal komplementeer. ’n Wenkbroupotlood of -poeier is ’n moet omdat jou wenkbroue jou gesig raam.”

Cheryl se topwenk:

Grimeerwenk vir vroue met grys hare:

‘Probeer om jou oë of lippe te beklemtoon sodat jy nie vaal lyk nie. Eksperimenteer met oogomlyner, vals wimpers en helder lipkleure’ – Cheryl Parker

Na

’n Nuwe voorkoms: Grys en glansryk

Aandvoorkoms

Vir ’n aandvoorkoms kan Mel haar oë sterker beklemtoon met ’n vloeibare oogomlyner.

Cheryl se wenk vir die perfekte lyn: “Maak seker jou hand is stabiel, sit jou elmboog op ’n tafel vir stewigheid, en tik enige oortollige oogomlyner op ’n snesie af. As jy ’n fout maak, wag tot die vloeibare oogomlyner heeltemal droog is, want dit maak dan makliker skoon en lyk netjieser.”

Persbruin oogskadu pas by Mel se bruin oë en ’n roes lipstiffie rond die voorkoms af.

Hare

Soos altyd is die toestand van kliënte se hare die hooffokus van Gary Rom-salonne. “Gesonde hare is ons eerste prioriteit,” sê Eloise Steyn van Gary Rom Hairdressing in Willowbrigde Kaapstad.

Mel het pragtige grys hare en Eloise se strategie was om die natuurlike grys skakering te beklemtoon. “Werk altyd met wat jy het, moenie teen jou haarkleur, haartekstuur en gelaatskleur werk wanneer dit by haarbesluite kom nie.”

Die grys in Mel se hare is met ’n tonikum verhelder en beklemtoon. “Nes ons anti-oksidante vir ons vel moet gebruik, is anti-oksidante vir die hare noodsaaklik. Die effense geel ondertoon in Mel se grys lokke word deur oksidasie veroorsaak,” sê Eloise.

Mel se hare is effens droog maar die ikoniese Gary Rom K-Mist-behandeling kon die kwessie regstel.

Mel se haarlengte werk goed vir haar gesigvorm maar Eloise het die haarstyl wel effens verander. Sy het sagter lae om Mel se gesig geknip omdat die grys maklik “hard” kan lyk. Sy het haar hare ook heelwat uitgedun om dit makliker hanteerbaar te maak, en dit verseker ook dat die hare mooi sag val en beweeg.

Loer hier vir nog mooi inspirasie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

9 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

16 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.