kategorieë: TrendsMode

’n Slimkop met styl

Fossil is bekend vir hul stylvolle ontwerpe en die nuwe Q-reeks-slimhorlosies stel beslis nie teleur nie. Jou Fossil is nou nie meer net ’n mode-item nie, maar ook ’n tegnologiese toepassing waarop jy teksboodskappe, oproepe en sosiale boodskappe kan ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tree vir tree

Dié horlosie monitor elke tree wat jy neem, hoe ver jy beweeg, asook die hoeveelheid kalorieë wat jy verbrand. Die Q-reeks is dus nie net ’n slimhorlosie nie, maar ook ’n fiksheidsmonitor wat jou op die punte van jou tone hou om jou fiksheidsdoelwitte te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sosiale vlinder

Jou Q-reeks laat jou toe om al jou teks- en sosiale mediaboodskappe gerieflik op jou horlosie te ontvang en dit sal jou ook in kennis stel wanneer jy ’n oproep ontvang. Belangrike inskrywings op jou kalender verskyn ook op jou horlosie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verpersoonliking

Daar is nie net ’n groot verskeidenheid klassieke style om van te kies nie, maar jy kan ook die horlosie se knoppies stel en hul funksies verpersoonlik sodat dit uniek aan jou styl is.

’n Battery wat hou

Verder hoef jy nie bekommerd te wees om jou Fossil Q-reeks heeltyd te moet herlaai nie – die battery kan tot ses maande hou voordat dit vervang moet word!

Konneksie

Jou Q-reeks is verbindbaar met Android™- en iOS-slimfone, spesifiek met Android OS 5.0 of hoër, iOS 9.0 / iPhone® 5 en hoër. Alle toestelle is Bluetooth®-slim met ’n verbeterde data-oordrag van 4.1. lae energie.

Die Fossil Q-reeks is beskikbaar by Watch Republic in Kaapstad en kan aanlyn besigtig en gekoop word by www.watchrepublic.co.za

Eksklusief aan ons lesers!

Gebruik die kode RROSE20 en kry 20% afslag op ’n slimhorlosie!

Let wel: Slegs slimhorlosies wat nie op spesiale aanbod is nie | Geldig tot 17 Desember 2017 | Kan slegs op watchrepublic.co.za gebruik word.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.