kategorieë: Ons menseBekendes

Mila Guy gesels oor Liewe Kersfeesvader

Die komedie-drama, Liewe Kersfeesvader, tref fliekteaters op 17 November 2017 en beloof om gehore te betower met ongewone karakters en ’n pragtige storielyn. Nonnie, ’n onopgesmukte skoonheidskoningin, word tot volwassenheid gedwing wanneer haar ma hul gesin verlaat om by ’n sirkus aan te sluit en haar pa die nuwe rol van Kersfeesvader aanneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nonnie het haar hande vol met haar pa en kleptomaniese boetie, Hugo, terwyl sy self sin probeer maak van haar lewe. Terwyl sy moet kop hou met hierdie ongewone omstandighede, begin Nonnie besef wat haar gesin vir haar beteken en watter belangrike rol hulle in haar lewe speel. Liewe Kersfeesvader gee ’n unieke aanslag tot die Suid-Afrikaanse Kersfeesseisoen. Die rolverdeling sluit in: Mila Guy, Morné Visser, Milan Murray, Dean Smith, June van Merch, Terence Bridgett, Melt Sieberhagen en die nuweling Eloff Snyman as Hugo.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het met Mila Guy gesels wat die hoofrol van Nonnie vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van die film.

Liewe Kersfeesvader is ’n komedie-drama wat handel oor die besluit om vir jou familie lief te wees en om hulle te aanvaar, nie ten spyte van hulle tekortkominge nie, maar as gevolg daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy vertolk die hoofrol van Nonnie. Hoe het jy voorberei vir die rol? Is daar ooreenstemmings tussen jou en Nonnie?

Nonnie is ’n lekker karakter, want sy’s veelsydig en kompleks. Aan die een kant is sy nog jonk, maar aan die ander kant het sy meer verantwoordelikhede as meeste volwassenes. Daar is ’n lekker speling tussen haar lig en donker kante, en ek kon redelik maklik uit my eie ervarings trek om die karakter te bou wat Etienne Fourie, skrywer en regisseur van die film, geskryf het.

Is dit jou eerste hoofrol in ’n fliek?

Dis inderdaad my eerste hoofrol en met die horries en angs en alles wat daarmee gepaard gaan, sal ek dit vir niks verruil nie. Dit was ’n ongelooflike ervaring.

Wat is die belangrikste ding wat jy uit hierdie fliek uit geleer het?

Hoe om die spanning van ’n hoofrol te hanteer en dat ek, soos dinge nou staan, hierdie vir nog baie lank wil doen.

Etienne Fourie het ’n fyn sin vir humor en ’n unieke visuele manier om die storie uit te beeld. Hoe was dit om saam met hom te werk?

Etienne is ’n perfeksionis, wat terselfdertyd wonderlik én senutergend is. Dis ongelooflik om saam met iemand te werk wat so ’n duidelike visie het en jou tot so ’n mate daarmee vertrou.

Is dit Etienne wat ’n cameo-verskyning maak in die toneel in die winkel wanneer Nonnie vir Kersfeesvader moet gaan voorrade aanskaf?

Dis inderdaad hy in die cameo en ek dink hy’t amper my kollig gesteel met sy paar sekondes op die skerm.

Wat het jy die meeste geniet?

Dit was ’n heerlike storie en die feit dat ons op location in die Karoo kon skiet, was ’n reuse bonus.

Het jy ’n gunsteling-toneel?

My gunsteling-toneel was die een saam met Dean John Smith, wat die rol van Wouter vertolk, onder die sterre. Dit was idillies en ons het lekker gelag.

Hoe was dit om saam met jou medespelers te werk?

As ’n jong akteur het ek met my gat in die botter geval met hierdie ensemble. Die ouer akteurs is almal mense na wie ek al ’n geruime tyd opkyk en Dean was ’n ongelooflike medespeler en hy is dan ook sommer nou ’n goeie vriend. Ek hoop ek is so gelukkig met my volgende films.

Kyk hier na die lokprent van Liewe Kersfeesvader wat vanaf 17 November in fliekteaters gesien kan word.

Jy is tans te sien as die nimlike Malanie in die reeks Hotel op kykNET.

Hotel is ’n fees van begin tot einde, voor én agter die skerms. Ons is almal goeie vriende, ons vertrou mekaar en probeer om elke dag pret te hê, en hoewel ons baie hard werk, kry ons dit meerendeels reg. Ek hoop daar’s nog ’n seisoen.

Jy verskyn ook eersdaags in die film Wonderlus, as die karakter Bruid, wat handel oor jongmense wat by ’n troue nuwe goed oor hulself en die liefde ontdek. Hoe was hierdie ervaring en dink jy so ’n storie is relevant vir die generasie jongmense wat uitgebeeld word in die film?

Ek dink Wonderlus is ’n baie relevante fliek vir vandag en veral vir my generasie. Persoonlik was dit ’n baie uitdagende proses om so ’n karakter binne in so ’n natuurlike, tog aweregse storie te speel. Gelukkig kon ek deurentyd op die regisseur en my medespelers staatmaak en was ons almal kop in een mus oor wat ons probeer doen.

Gepraat van liefde, wat is die belangrikste ding wat jy al van die liefde geleer het?

Eerlikheid.

Jy was hierdie jaar vir verskeie films en kortfilms by die Silwerskermfees en is selfs genomineer vir ’n toekenning.

Dit was my derde Silwerskermfees, en ek hoop om nog op daai stoep te kuier tot ek geforseer word om af te tree. Ek moet bieg, daar is ’n reuse verskil tussen om daar te wees as ’n aanhanger en om daar te wees as ’n deelnemer. Mens voel deel van ’n familie as mens projekte daar het. Daar’s weerloosheid en ondersteuning van jou mede-filmmakers en dit laat mens voel asof ons ’n regte industrie het.

Jy het hierdie jaar in reekse en films verskyn wat op verskeie liggings geskiet is: Wonderlus in Heidelberg, Vlugtig in Magoebaskloof, Liewe Kersfeesvader in Prins Albert en Hotel wat volgens die verhaal afspeel in Mpumalanga. Vertel ons van hierdie liggings en hoe dit was om by elkeen te kon skiet.

Heidelberg was koud en verbasend mooi. Ek ken Magoebaskloof net van ’n staptog wat ek daar gedoen het en het toe al gedink dit sal ’n mooi ligging wees vir ’n storie. Prins Albert is ’n pragtige dorpie met fantastiese mense wat tot vir my koek gebak het vir my verjaarsdag. Ek sal enige dag teruggaan. Ons skiet Hotel in Centurion by die Klein Kaap Boutique Hotel, maar dis ’n geheim, so moet vir niemand sê nie. 😉

Wat is die lekkerste ding wat jy al vir ’n fliek of ’n reeks moes doen?

Om die meisie van die verhoog af te slaan in Liewe Kersfeesvader. Ek sien uit vir nog baie sulke stunts.

Wat doen jy wanneer jy nie toneelspeel nie?

Ons het ’n filmfamilie wat almal in Linden bly. Ons hang baie uit, eet saam, kuier saam en tussendeur maak ons video’s en dinge om onsself mee besig te hou. Ek hou ook baie van pannekoek.

Jy hou baie van sing. As jy enige liedjie saam met enigiemand kon sing, wat en saam met wie sou dit wees?

Om “Blou” saam met Karen Zoid op Zoid Afrika te sing sal ’n eer wees, maar sover is my gunsteling-medesanger my vriendin, Ilse-Lee van Niekerk. Ons maak Youtube-video’s van ons wat in die bad sing. Darem geklee, maar dis steeds baie lekker.

Kyk hier na een van Mila en Ilse-Lee se “Bathtub Sessions”:

Waarsonder kan jy nie lewe nie?

Mash. Nie wasabi mash nie. Normale mash. Boere mash. Mash mash.

Wat is jou Kersfeeswens hierdie jaar?

Geluk en nog ’n goeie jaar soos 2017.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.