kategorieë: NaelsWenkeSkoonheid

Naellak: pasop vir hierdie 6 foute

Charmaine Kay, opleier van ORLY SA vertel wat die mees algemene foute is wat ons maak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Jy skud jou naellak-botteltjie

Moenie die bottletjie skud nie, rol dit eerder. As jy jou botteltjie skud, veroorsaak dit net nog meer borreltjies. As jy jou naels geverf het, sal jy borreltjies op jou naels sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Jy bêre jou naellak in die yskas

Hierdie is baie ou raad, maar dit maak jou naellak net dik en taai. Hou dit eerder by kamer-temperatuur soos in jou kas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Jy gebruik nie ’n basis- en bo-lagie nie

Jy is dalk te haastig om nog tyd te mors hiermee, maar dit laat werklik jou naellak langer aanbly. Die basislagie help ook keer dat die naellak jou naels vlek. ’n Bo-lagie help dat die verf vinniger droogword.

4 Jy is te haastig

Ons probeer allerhande truuks, van ons hande in yswater druk tot hande waai of selfs ’n haardroër se lug daarop blaas. Wat gebeur as jy jou hande waai of ’n haardroër daarop blaas, word slegs die boonste lagie droog, maar nie die onderste lagie nie. Naelverf word van onder na bo droog. Dit lyk dalk droog nadat jy geverf het, maar as jy in die oggend wakker word, sal jy ’n “imprint” op jou naels hê.

5 Jy gooi naelverwyderaar by naelverf om dit te verdun

Dit maak dit dalk dunner, maar dit verdun ook jou kleur en laat dit oneweredig voorkom. Gebruik eerder ’n naellak-verdunner.

6 Jy verf twee dik lae aan

Drie dun lagies is beter as twee dik lae, wat sukkel om droog te word. On ’n dun lagie te verf, druk die kwassie in die botteljie en as jy dit uittrek maak die een kant van die borseltjie in die bottelnek skoon. Wat jy oor het aan die anderkant is genoeg om ’n dun lagie te verf. Hierdie is veral goed wanneer jy met neon of helder kleure werk, want die kleur lyk dan ook helderder.

Lees ook: 13 haarwasfoute wat jy maak

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.