kategorieë: OuerskapJou lewe

Nageboortedepressie

Ons sou graag wou glo dat moederskap vir alle vroue ’n warm and fuzzy ervaring is, maar dit werk nie so nie. Tot ’n derde van alle nuwe ma’s in alle kulture en in alle omstandighede ontwikkel post-natale depressie (PND) in die jaar ná hul baba se geboorte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dis asof die gemeenskap saamsweer om ’n sluier hieroor te trek,” sê Paula Marais, Kaapse taalspesialis, joernalis en skrywer van die aangrypende roman Skaduself waarin die hoofkarakter aan nageboorte-depressie ly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Wanneer ’n vrou ’n ma word, word sy nie ‘toegelaat’ om te erken dat sy moeilik die mas opkom nie; moederskap is mos iets wat vroue instinktief moet kan regkry. “Post-natale depressie is dus ’n taboe-onderwerp, Vroue wat daarmee worstel, begin meestal eers daaroor praat wanneer dit ná nege of tien maande verdwyn het. Selfs dan is dit nie ’n gewilde gesprekskeuse nie. Ons praat makliker oor gebreekte arms en knievervangings as oor ’n geestessiekte. Die dood van die akteur Robin Williams het die isolasie wat met depressie gepaardgaan, beklemtoon.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terwyl Paula saam met navorsingsielkundige Linda Lewis aan When Your Blessings don’t Count, ’n gids oor post-natale nood, gewerk het, het sy self post-natale depressie ontwikkel. “Hoe lui die cliché nou weer? Skryf oor dit wat jy ken. En glo my, ek kén PND.”

Hoe lyk PND?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Post-natale depressie het drie gesigte:

1 Die blues

Tot 80% van alle ma’s voel kort ná die geboorte neerslagtig. Dis normaal om ’n paar dae lank angstig, tranerig, moeg en geïrriteerd te voel. Maar as jy voel dat jy nie na jouself of jou baba kan omsien nie, daaraan dink om jouself of die baba seer te maak, of as die blues nie binne twee weke verdwyn nie, moet jy dadelik hulp kry.

2 Post-natale psigose

In teenstelling met die blues kom post-natale psigoseslegs by sowat twee uit duisend nuwe ma’s voor. Vroue wat hiermee worstel, ervaar ernstige denkstoornisse en moet onmiddellik gehospitaliseer word omdat hulle vir hulself en ander ’n gevaar kan wees. (Thea, die hoofkarakter in Skaduself, ly aan post-natale psigose.) Sowat 50% van alle vroue met postnatale psigose ervaar dit ook met ’n volgende swangerskap. In daardie geval moet hulle so gou moontlik hulp kry.

3 Post-natale depressie en angstigheid

Dié vorm van depressie lê tussen die blues en post-natale psigose. Dit tref tien tot dertig persent van alle ma’s. PND kan stadig ontwikkel gedurende die baba se eerste lewensjaar. As dit nie behandel word nie, kan dit as ’n chroniese laegraadse depressie voortduur en erger word met verdere geboortes. Die simptome kan angstigheid, irritasie, woede en hartseer van wisselende intensiteit insluit. Party vroue voel hulle is besig om die kluts kwyt te raak. Soms voel ’n vrou tydelik beter, en dan weer slegter.

Wat veroorsaak PND?

Dis nie maklik om vas te stel hoekom sommige vroue dit kry nie. Die oorsake is meestal ’n kombinasie van fisieke, sielkundige en sosiale faktore. PND kom dikwels voor by gedrewe, perfeksionistiese vroue wat nie in beheer voel terwyl hulle by ’n nuwe baba aanpas nie. PND is nie suiwer hormonaal nie. Selfs pa’s en ma’s wat babas aanneem, kan dit beleef.

Moontlike oorsake sluit die volgende in:

• ’n Geskiedenis van depressie of psigiatriese stoornisse soos bipolêre siekte
• Alkohol- en dwelmmisbruik
• Ongewenste swangerskappe
• Swangerskappe waar die emosies hoog loop, soos dié wat op vrugbaarheidsbehandeling volg
• Swangerskappe met komplikasies
• Ingrypende, spanningsvolle gebeure soos die dood van ’n naasbestaande, ’n miskraam, verhuising of afdanking
• Moeilike sosio-ekonomiese faktore en omstandighede
• ’n Gebrek aan ondersteuning of mishandeling, veral deur ’n lewensmaat of naby familielid.

Die simptome

’n Vrou met nageboorte-depressie is nie net hartseer nie; haar denke en gedrag verander ingrypend. Dikwels verloor sy belangstelling in seks. Sy kan met slaaploosheid sukkel, heeltyd wil slaap, haar eetlus verloor, of versot raak op koolhidrate.

Party vroue is geïrriteerd, vyandig, pessimisties, of sukkel om te konsentreer. Die simptome van post-natale psigose sluit vervolgingswaan, soos die oortuiging dat ’n individu of organisasie die lyer wil skade aandoen of doodmaak, of ander wanvoorstellings in. Die persoon kan byvoorbeeld glo sy het die vermoë om mense uit die dood op te wek.

Hallusinasies – die waarneming van klanke, reuke, mense, diere, kleure, vorms of iets anders wat nie werklik daar is nie – kan voorkom. Sy kan ook verwarde of ontwrigte denke toon, soos om die gespreksonderwerp lukraak in die middel van ’n sin te verander.

Ander tekens is maniese optrede, soos ’n aanhoudende of vinnige gepraat, of ’n lae episode: depressie, ’n gebrek aan energie, aptytverlies en slaaploosheid. Gedurende psigotiese episodes besef ’n lyer nie dat sy vreemd optree nie. Sy beskou haar gedrag as normaal.

Wanneer moet ’n vrou hulp kry?

Klop aan by jou huisarts,’n sielkundige of ’n psigiater sodra:

• Dit slegter gaan, eerder as beter
• Jy glad nie jouself is nie
• Jy angstig, paniekbevange, geïrriteerd, woedend, vergeetagtig, tranerig of besluiteloos voel, of jou onttrek
• Voel die baba sal beter daaraan toe wees sonder jou.

Behandeling

’n Kombinasie van medikasie, psigoterapie en individuele of groepsteun is ideaal. Sekere antidepressante kan tydens swangerskap of borsvoeding geneem word.

As jy haar bystaan

Alle betrokkenes moet besef PND is ’n kliniese vorm van depressie en nie ’n teken van swakheid of die gevolg van ’n gebrek aan wilskrag nie. ’n Vrou wat hieraan ly, kan haarself nie regruk nie. Die toestand oorweldig haar in so ’n mate dat sy nie normal kán funksioneer nie. Alles is te veel inspanning; sy voel skuldig, waardeloos en buite beheer. Sy kan selfs besluit haar gesin sal sonder haar beter daaraan toe wees.

Nabymense wat haar konstant probeer opvrolik, vererger die situasie. Hul frustrasie en moedeloosheid neem toe en sy voel al meer afgesonder en skuldig.

As jy ’n gesins- of famlielid of vriend is, kan jy:

• professionele hulp kry; moet dit nie alleen probeer hanteer nie
• kalm bly, wat ’n uitdaging is omdat vroue met post-natale depressie inkonsekwent en veeleisend kan wees, of hulle emosioneel kan onttrek
• haar ondersteun deur haar behoeftes te antisipeer en aandag daaraan te gee
• luister wanneer sy oor haar gevoelens praat en daarteen waak om haar te kritiseer
• haar onvoorwaardelik aanvaar
• daarteen waak om haar te dwing om dinge te doen waarvoor sy nie gereed is nie
• sorg dat jy haar nie voorsê of haar neerbuigend behandel nie, al lyk dit na die aangewese optrede
• haar soveel moontlik laat rus en slaap
• besoeke van vriende en familielede beperk
• hulp met die huishouding, inkopies en die kinders aanvaar sodat jy meer tyd met haar, die baba en enige ander kinders kan deurbring.

Dis baie belangrik om te onthou dat jou behoeftes ook tel. Maak tyd vir jouself, eet gebalanseerd, en sorg dat jy oefening en genoeg slaap kry. Moenie dwelmmiddels of alkohol gebruik om die mas op te kom nie. Moenie ’n martelaar word of jou stokperdjies en ander belangstellings verwaarloos nie. Jy is die gesonde ouer en dis belangrik dat jy fisiek en emosioneel gesond bly.

Kinders hanteer depressie in die gesin baie moeilik. Selfs babas kan depressief raak, en ouer kinders kan leer- of gedragsprobleme ontwikkel. Kry professionele hulp as jy oor hulle bekommerd is.

Kinders moet besef hulle is nie die oorsaak van hul mamma se depressie nie en dat sy sal herstel. Die gesonde ouer moet soveel moontlik gehaltetyd met hulle deurbring en sorg dat hulle nie by konflik tussen die ouers betrek word nie.

Kinders moet aangemoedig word om aan aktiwiteite buite die huis deel te neem sodat hul geluk nie afhang van hoe hul ma daardie dag voel nie. PND is ’n behandelbare toestand, maar as dit nie aandag kry nie, kan dit chronies word. Hoe vinnig ’n vrou herstel, hang onder meer af van hoe gou sy die regte hulp kry.

’n Ma se emosionele welsyn is van die uiterste belang; dis een van haar grootste geskenke aan haar kind.

Lees ook: Hoekom babas moet kruip

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.