kategorieë: Reis

Namakwaland – die grootste tuin

’n Blommeveld by die see

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Augustus en September, blommetyd in Namakwaland, vat almal van die Kaap af die pad na Kamieskroon en Springbok. In die Namakwa Nasionale Park is dit waar die blomme is. Partykeer draai jy regs af vir Nieuwoudtville se plate en plate blomme, veral as jy bolplante wil gaan kyk. Of jy ry Clanwilliam toe vir die asembenemende Pakhuispas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar mik jy Groenrivier toe met ’n viertrek-voertuig (waarvan jy die wiele op die sandpad in die Park moet afblaas), lê daar die belewenis van ’n leeftyd vir jou voor.

Sanparke se foto van hierdie blommeveld het ons op kort kennisgewing oortuig om die ompad te ry. Ons was in die vroeë lente van verlede jaar op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark vir ’n artikel (sien rooi rose, November 2012) toe ons die Parkeraad se uitnodiging kry. ’n Tuinliefhebber kan mos nie nee sê vir twee dae tussen die blomme en teen die see nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter ervaring was dit nie! Ons het tuisgegaan in luukse tente met ’n skouspelagtige uitsig oor die see, toegerus met wit linne en ’n elektriese komberse – aangedryf deur kragopwekkers wat ver genoeg is sodat jy dit skaars bokant die see se gedruis kon hoor.

Asof dié klas verblyf (kompleet met ’n luukse aantrekkamer met wasbak, chemiese toilet en stort met warm water wat vir jou aangedra word) in die afgeleë Namakwaland nie vreemd genoeg was nie, word jy ná ’n dag se blommekyk boonop op ’n daaglikse High Tea getrakteer.

Die mense by die tentehotel kry dit besonder goed reg om jou ongelooflik te bederf en in die middel van nêrens soos ’n koninklike te laat voel.

Teen skemer staan al die gaste nader vir drankies om die vuur. Die Weskus kan koel raak in die aand, al is dit lente. Ons aandete van hoenderpastei en snoek met appelkooskonfyt het ’n welkome tradisionele aanslag gehad wat by die omgewing pas.
Naas die hotel is daar kampeerplekke langs die see met die mooiste Afrikaanse name, eie aan die streek. ’n Mens kan heeljaar daar gaan tent opslaan. Daar is kompostoilette, maar geen vars water nie. Dié moet jy saambring.

In blommetyd word jy wel ryklik vir die kleine ongerief beloon: die manjifieke plate en plate blomme lyk heeltemal anders as dié wat jy binneland se kant toe aantref. Hulle het ooglopend goed by die klimaat langs die see aangepas.

Daar is talle bol- en ander plante met wollerige, vetterige, fyn of harige blare wat hulle in staat stel om hierdie uiterste toestande te kan oorleef. Die plante het ongelooflike mooi name. In die Mesembryanthemaceae-familie (vygies) kry jy sandslaai, volstruisvygie en varkiesknol en die Conophytums wat so plat groei dat dit soos klippies lyk. En dan is daar nog sporrie, bergriet, sentkannetjie, pietsnot, skilpadbos, doringviooltjie, muishondbos, koggelmandervoet, noerap en wolfdoring …

Onder die sukkulente Karoo se 6 356 plantspesies is daar meer as 3 000 in Namakwaland. Dit sluit nie net massas blomme in nie, maar ook geofiete, dwerg-struike en sukkulente (vetplantspesies). Om die waarheid te sê, dis die tuiste van die wêreld se grootste verskeidenheid vetplante. Verder is daar ook 15 verskil-lende biostreke wat wissel van die Nama-kwalandse kusduineveld tot die soutpanne en die strandveld.

Meer as net blomme

Hoewel die park hoofsaaklik op plante-groei fokus en nie soos ander nasionale parke op diere nie, word die diere ook hier beskerm. Dit is die tuiste van die wêreld se kleinste skilpad, die Namakwa-spikkel-padloper, maar ook van volstruise, bobbejane, ystervarke, ’n groot robkolonie, talle seevoëls, talle boksoorte soos klipspringers en gemsbokke en natuurlik slange ook.

Daar is ook interessante argitektoniese erfenisse, soos die baken (onder links) van sir Thomas Maclear (17 Maart 1794 – 14 Julie 1879), ’n Ier wat later Haar Majesteit se sterrekundige aan die Kaap de Goede Hoop geword het. Die maankrater Maclear, Maclear se Baken op Tafelberg en die dorp in die Oos-Kaap dra sy naam, asook Cape Maclear in Malawi wat David Livingstone op sy beurt na sy vriend vernoem het.

’n Gedeelte van die park, hier en daar gespikkel met die ruïnes van ou plaashuise van sowat ’n eeu gelede, het later myngebied geword. Maar die natuur vergewe en dié deel is besig om ongelooflik goed te herstel.

Onder die onvergeetlike goed wat ons in die verstommend skone landskap raakgeloop het, is seeskulpe en die oorblyfsels daarvan: meters bo seevlak en eeue later kom ons nog af op die spore van die see tussen die blomme van Namakwaland.

Dis een van daardie seldsame streke waar jy in kontak kom met wie jy werklik is; waar jy besef dat jy op die aardse tydlyn eintlik niks is nie – die natuur is baie groter en ouer as jy. Eeue terug was die see hier waar jy nou staan.
Vir meer inligting (http://www.sanparks.org/parks/namaqua/tourism/history.php) (http://en.wikipedia.org/wiki/Thomas_Maclear).

Vir meer inligting en om jou kaartjie te bespreek besoek www.chiefstentedcamp.co.za of www.africananthology.co.za.

Kontak Lysta (071 6888 201) en Yolandi (084 299 5777) in verband met enige navrae.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.