kategorieë: Ons menseBekendes

Nataniël se veelbekroonde ‘Mass for the Good Princes’ word volledig op Pretoria FM uitgesaai

Nataniël se veelbekroonde produksie, Mass for the Good Princes, wat slegs op CD uitgereik word en eksklusief op WNDK (Wat’s Nuut? Dis Klassiek!) vrygestel is het ongekende positiewe reaksie onder die publiek gekry. Die onderhoud en Mis is in twee onderskeie onderhoude op WNDK, ’n program gelei deur Esté Gross, wat op Sondae om 13:05 uitgesaai word bekendgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Pretoria FM het besluit om op openbare aanvraag die onderhoud en Mis in sy geheel weer uit te saai op Woensdag 4 Desember om 20:00 die aand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die produksie het onlangs ’n driekuns met Aardklop-eerbewyse behaal. Dit is aangewys as beste musiekgedrewe produksie, beste algehele aanbieding en as mees grensverskuiwende werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die werk, Mass for the Good Princes word slegs uitgereik op CD en sal net te koop by Nataniël se uitvoerings wees. Dit gaan nie op digitale musiekplatforms beskikbaar wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie produksie is gekomponeer, vervaardig en uitgevoer deur Nataniël saam met die Akustika-kamerkoor o.l.v. Christo Burger. Die ensemble bestaan verder uit Ockie Vermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawerbord/ klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (baskitaar), Peter Auret (tromme en perkussie) en Wiehan Francke, tenoor in Kyrie.

Die Mis is gegrond op die klassieke struktuur van ’n gewyde komposisie en bestaan uit ses bewegings. Nataniël beskryf dit as ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ’n nuwe generasie. Die Mis word in Latyns en Engels gesing met vertellings en beskrywings in Afrikaans.

Esté Gross praat deurtastend met Nataniël oor al ses bewegings waaruit die Mis bestaan, die Kyrie, Sanctus en Benedictus, Gloria, Agnus Dei en Credo.

Volgens Nataniël is dit onwaarskynlik dat dit weer uitgevoer sal word. Hy beskou dit as sy grootste en belangrikste werk nóg.

WNDK word elke Sondag tussen 13:05 en 14:00 op Pretoria FM uitgesaai. Die heruitsending is Sondae om 23:00. Die program sal nie beskikbaar wees as podsending nie. Skakel in op 104.2 FM, DStv-kanaal 887, laai die Pretoria FM-toepassing af of stroom op www.pretoriafm.co.za.

WNDK (Wat’s Nuut? Dis Klassiek!) is ’n program oor klassieke en klassieke crossover-musiek en is verlede jaar as finalis in die kategorie: Beste Naweekprogram by die Telkom-radiotoekennings aangewys. Die konsepvervaardiger, regisseur en aanbieder van die program is Esté Gross.

Esté Gross (Foto: Verskaf)

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Riaan Grobler, ’n meester van musiek en stories

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.