kategorieë: In die nuusJou lewe

Rond is nié gesond vir kiets en woefie nie

Rond is nié gesond vir kiets en woefie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Suid-Afrika, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), is 39% van volwassenes oorgewig. Boonop toon sommige studies dat byna 70% van vroue en 39% van mans in Suid-Afrika oorgewig of vetsugtig is. Hierdie tendens kom ongelukkig ook by ons troeteldiere voor. Na raming is meer as 50% van troeteldiere wat deur veeartse behandel word oorgewig of vetsugtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tog sien 9 uit 10 diere-ouers hulle troeteldier se oorgewig as normaal. Daarmee saam beskou 92% van troeteldier-eienaars troeteldier vetsugtigheid nie as ’n gesondheidsrisiko nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Troeteldier vetsug-feite

  • Vetsug kan ’n troeteldier se lewe met twee en ’n half jaar verkort
  • Oorgewig katte is vier keer meer vatbaar vir diabetes en twee en ’n half keer meer vatbaar vir nierstene
  • Oorgewig en vetsugtige troeteldiere is ook vatbaar vir ’n wye verskeidenheid ander siektes, insluitend hartprobleme en kanker
  • Oorgewig troeteldiere is minder gelukkig

Troeteldier-ouers se gedrag dra dikwels by tot hulle troeteldiere se oorgewig deurdat hulle lekkernye, wat nié vir diere bedoel is nie, vir hulle dierekinders voer. Biltong, droëwors, kos van die tafel af en, ja, veral sjokolade moenie vir diere gevoer word nie.

Wenke om te keer dat jou troeteldier oorgewig word

  • Moenie jou troeteldiere “menskos” of lekkernye voer nie
  • Speel of gaan stap en hardloop met jou troeteldiere sodat hulle oefening kan kry
  • Kies die regte troeteldierkos vir jou spesifieke troeteldier
  • Indien jou troeteldier reeds oorgewig is, kan Hill’s Prescription Diet Metabolic help, aangesien dit jou troeteldier se metabolisme aanhelp

Maar hoe weet ’n mens dat jou liefling-kat of -hond oorgewig is? Hier is ’n paar tekens:

  • Jy kan nie meer hulle ribbes voel nie
  • Hulle het nie meer ’n waarneembare middel nie
  • Vet pak aan rondom hulle heupe en by die begin van die stert
  • Hulle “waggel” eerder as om te loop
  • Hulle beweeg moeilik
  • Hulle is kort van asem én kort van draad

Lees ook: Donderweer, vuurwerke en jou angstige troeteldier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.