Foto: Twitter
Johnny Clegg se laaste konsert is Saterdagaand in Johannesburg gehou as deel van sy Final Journey-wêreldtoer. Clegg tree binnekort uit sy musiekloopbaan. Lees ons onderhoud met hom in die Desember 2017-uitgawe van rooi rose, wat nou beskikbaar is op winkelrakke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Kyk na ons mooi Desember-voorblad met Elma Postma.
Kry hier ook ’n kykie agter die skerms van ons voorbladsessie met Elma.
Angelique Potgieter het verlede week onthul dat haar tweeling dogtertjies is, en sy het foto’s van die sonogramme gedeel. Oor die naweek het sy verder haar mooi swangerskapfoto’s gedeel op Instagram. Kyk net hier.
Gisteraand was die Suid-Afrikaanse Sporttoekenningseremonie. Die wenner van beste sportman is aan die verspringatleet Luvo Manyonga, en die beste sportvrou is oorhandig aan Caster Semenya. Dyan Buis het die toekenning ontvang vir die beste sportman met ’n gestremdheid en Ilse Hayes het die toekenning ontvang vir beste sportvrou met ’n gestremdheid. Suid-Afrika se sewesrugbyspan, die Blitzbokke, is gekies as die Suid-Afrikaanse sportspan van die jaar 2017. Die prys vir beste nuweling is toegeken aan die hekkiesatleet Sokwakhana Zazini.
In ander sportnuus was die Telkom 947 Bergfietsresies hierdie naweek in Johannesburg. Die wenners van die 55km-roete is as volg. In die mans-kategorie is Wessel Botha eerste, Jan Withaar tweede, en Pieter du Toit derde. In die vroue-kategorie is Samantha Sanders eerste, Theresa Ralph tweede, en Natalie Strydom derde. Volgende naweek (18 November 2017) sal die bekende padfietsren plaasvind. Sterkte aan al die deelnemers! Kyk net hier, die joernalis, rooi rose se eie Anet Schoeman, het deelgeneem, en sy ry ook hierdie week in die padfietsren.
Hou jy van Anet se fietsrytrui? Jy kan ook een hier kry.
Daar is ’n toilet wat jy kan koop teen slegs $100 000. Wat maak dit dan so spesiaal? Wel, dis deur die kunstenaar Illma Gore en sy het egte Louis Vuitton-handsakke omskep in ’n troontjie in. Gore het vir drie maande hieraan gewerk en het 24 verskillende Vuitton-sakke gebruik gesamentlik ter waarde van $15 000.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.