kategorieë: Ontspanning

Ken jy memes?

Memes is lankal op die internet en word wyd versprei. Jy weet dalk wat dit is, maar jy ken net nie die naam nie. Dalk weet jy glad nie eers wat dit is nie. Hoekom is dit so gewild?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat presies is memes?

Voordat ons oor internet-memes kan praat, moet ons eers verstaan waar die woord “meme” vandaan kom en wat dit beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die term “meme” is geskep en eerste gebruik in 1967 deur Richard Dawkins in sy boek The Selfish Gene. Hierdie woord is ontleen van die Griekse term mimeme: dit wat nagemaak word. Hy het dit toe verkort na meme en dit gebruik om te verduidelik hoe idees versprei word. Die Merriam Webster-woordeboek verduidelik ’n meme as volg: dit is ’n idee, gedragsvorm, styl, of gebruik wat van persoon tot persoon versprei word binne ’n spesifieke kultuur.

Internet memes is grappe, beelde, video’s, teks of ander idees wat aanlyn versprei word, veral deur die gebruik van sosiale media (wat platforms soos facebook, twitter, snapchat, reddit en instagram asook tradisionele e-pos insluit). Die kultuur is breed aangesien dit alle internetverbruikers insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#definisie: Viral: Hierdie term se oorsprong lê in die manier hoe virusse versprei – vinnig en oor groot groepe mense. Wanneer iets “viral gaan” beteken dit dat spesifieke aanlynmateriaal (soos foto’s, video’s, twiets, of artikels) besig is om baie vinnig oor die internet  te versprei; nes ’n virus. Niemand is ooit heeltemal seker presies waarom materiaal viral gaan nie, maar dit is gewoonlik omdat dit ’n sterk emosionele reaksie ontlok, van humor, tot trane en woede. ’n Goeie voorbeeld hiervan is Tornado of Lawnmower Man, die Suid-Afrikaner wat in Kanada woon en steeds aangehou het om gras te sny ten spyte van ’n tornado wat in die agtergrond luik.

Klik hier vir ons artikel oor die tornado-man.

Daar is verskillende tipes memes wat letterlik daagliks verander. Hier is ’n paar (maar nie al nie!) van die memes wat gereeld teëgekom word.

Memes met byskrifte

Hierdie is moontlik die eerste memes waaraan mens dink wanneer die gesprek daaroor opkom. Dit is foto’s (van films, foto’s van bekendes, aangekoopte foto’s en mense se persoonlike foto’s) waarby daar dan ’n byskrif gevoeg word. Gewoonlik word dit as grappies gebruik, of om kommentaar te lewer op ’n gebeurtenis of kultuurverskynsel. Hierdie tipe memes kan óf ironies gebruik word óf om iets direk te sê. Verskillende van hierdie memes trend oor verskillende tydperke: party lewe lank en sekeres hiervan se raklewe is baie kort.

Googled my username/if I fits I sits

#rooirosewenk: Moenie memes verkeerd gebruik nie. Sekere memes word in baie spesifieke gevalle gebruik en dit word as ’n (ligte) faux pas gesien as jy hulle verkeerd gebruik. Vra jou naaste millennial of Gen Z’er vir raad of besoek webwerwe soos knowyourmeme en imgur wat ook verduidelikings bied oor nuwe memes, hoe hulle ontstaan het en in watter gevalle hulle gebruik word.

GIFs

GIF (kort vir graphic interchange format) is ’n tipe grafiese leêr wat jou toelaat om beelde kleiner te maak. In hierdie sin is dit soortgelyk aan ander leêrs soos JPEG, TIFF en PNG. Wat GIFs egter hiervan onderskei, is die feit dat dit jou toelaat om meer as een beeld saam te groepeer en te stoor. Wanneer dit dan gekyk word, lyk dit amper soos ’n klein animasie. (Dink hier aan die notaboeke waarin mens prentjies teken wat dan, wanneer die blaaie deurge”flip” word, ’n geanimeerde beeld gee.) Kort knipsels van video’s word gewoonlik in GIF-formaat gestoor en kan dan maklik oorgedra en gespeel word.

Gewoonlik word GIFs gebruik om reaksies uit te beeld of net bloot vir die snaaksigheid daarvan. Byvoorbeeld, as jy vir mense vertel hoe moeg jy was toe jy gister by die huis aangekom het, sal jy dalk die GIF van die hondjie hieronder deel. Dit ontaard gereeld in kettingreaksies van GIFs waar mense probeer kyk wie die snaaksste een kan kry.

#rooirosewenk: Daar is redelik onsekerheid oor hoe om die woord GIF uit te spreek, maar volgens die oorspronklike ontwikkelaars word die “g” uitgespreek met ’n “dj”-klank.

Jy sal ook sien dat jy GIFs oor WhatsApp kan deel – daar is ’n hele leêr vol hiervan wat gereeld opgedateer word en wat jy kan gebruik. Jy kan ook jou eie GIFs skep en jy op webwerwe soos Giphy na die perfekte GIF gaan soek.

via GIPHY

Video’s

Video’s is van die gewildste memes en met platforms soos youtube is dit baie maklik om te deel. Hierdie video’s kan enigiets insluit van musiekvideo’s (soos Gangnam Style of What did the Fox Say?) tot nuusgebeurtenisse (dink aan video’s van die erge reën in Kaapstad in Junie) tot kinders of diere wat iets oulik doen, soos hierdie video van ’n dogtertjie wat so moeg is sy wil nou en hier slaap – op die strand.

Loer na ons video-afdeling waar ons video’s deel wat trend.

Rickrolling

Die term rickrolling verwys na wanneer mense valse skakels aanheg in ernstige e-posse, boodskappe of artikels wat die leser nie na die beloofde artikel toe neem nie, maar eerder, as ’n grap, na die video van Never Gonna Give You Up deur die Britse pop-sanger Rick Astley. Hierdie poetsbakkery het oorspronklik in 2007 op die webwerf 4chan ontstaan waar gebruikers beelde kan laai en gesprekke op ’n anonieme basis voer, maar dit het later die internet deurtrek en hou steeds aan. Joernaliste het onderhoude met Rick Astley gevoer net toe hierdie fenomeen gewild begin word het. Astley was glo min gepla oor die gebeurtenis en het genoem dat hy dit snaaks vind. Hy het selfs een jaar by Macy’s se Thanksgiving Day-parade ’n verrassingsoptrede gehou met hierdie liedjie. Hy het genoem dat hy dink dis onskadelik en onskuldig, solank mense net nie sy dogter daaroor spot nie.

Loer hier na ons artikel oor rickrolling.

#definisie: Trolling: Die naam verwys na trolle in sprokiesverhale wat gewoonlik situasies onaangenaam vir die protagoniste maak. Aanlyn-trolls is kortliks moeilikheidmakers op die internet. Dit is persone wat kwaad stook en mense probeer uitlok deur kommentaar te lewer op, en ongewenste gesprekke te begin, oor dit wat mense geskryf of opgelaai het.

e-posse en kettingboodskappe

Hierdie tipe memes is aan meeste mense bekend aangesien dit ook buite die internet-konteks leef. Dit sluit in stories met morele boodskappe, of dit kan teks wees wat jy aan tien ander mense moet stuur sodat jy nie slegte geluk kry nie, tot nuusartikels of opinie-stukke. Terwyl hierdie tipe boodskappe nie noodwendig skadelik is nie, moet jy versigtig wees voordat jy dit aanstuur aangesien dit valse nuus kan versprei.

#rooirosewenk: Voor jy iets aanstuur, maak eers doodseker of die gerug waar is. Behalwe vir die feit dat jy dit kan google, kan jy ook van spesifieke feite-toets webwerwe gebruik maak om seker te maak or sekere stories of nuusberigte.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.