kategorieë: Bekendes

Nicole Kidman en ander: betowerend op 50

Die woord “ster” word wyd en syd in Hollywood gebruik. Deesdae is die meeste sterre akteurs, of mense wat goed is met wat hulle doen, of akteurs wat hulself speel in flieks. Maar Nicole Kidman, pas 50 (haar verjaardag is op 20 Junie), is ’n ware ster wat die glans en betowering van die aktrises van ouds uitstraal, maar met die toeganklikheid van ’n beste vriendin. Sy is grasieus, lank en slank, haar gesig amper sonder lyntjies en plooie. Haar intense blou oë is byna teenstrydig met haar meisieagtige laggie, en jy kry die idee dat sy mense maklik om haar pinkie kan draai. Sy het deur die jare al die toekennings gewen wat akteurs van haar kaliber kon wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy was eers getroud met Tom Cruise en die paartjie het twee kinders (Isabella Jane en Connor) aangeneem. Hulle is in 2001 geskei. Tussendeur het sy met verskeie bekende sterre uitgegaan, maar het uiteindelik geluk gevind saam met die bekende country-sanger Keith Urban.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hulle is in 2006 getroud en het twee biologiese dogters (Faith en Sunday Rose).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons 5 gunstelingoomblikke van Nicole Kidman op die rooi tapyt:

Nicole se nuwe fliek Lion (2017), is gegrond op die ware verhaal van ’n seun, Saroo Brierley, wat nie sy ma en broer op ’n Indiese trein kan opspoor nie en uiteindelik duisende kilometer van sy huis af beland en alleen moet probeer oorleef. Hy word later deur ’n Australiese gesin aangeneem (Nicole speel die ma wat hom aanneem, en Dev Patel van The Best Exotic Marigold Hotel, speel Saroo). ’n Kwarteeu later gaan soek hy sy oorspronklike gesin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe ek die fliek Lion sien, kon ek nie glo dit is op ’n ware verhaal gegrond nie …

Toe ek die draaiboek die eerste keer lees, het ek ook nie geweet dit is ’n ware verhaal nie, maar dit was so ’n goeie storie. Toe ek hoor dis waar, kon ek skaars glo wat Saroo alles reggekry het.

Ek het lank laas ’n Australiese vrou gespeel, en dit was ’n kans om weer huis toe te gaan en saam met my ouers te wees. My pa het nog geleef toe ek die rol aanvaar het, en ná sy skielike dood was dit vir my en die kinders moontlik om by my ma te wees. Op ’n manier het alles uitgewerk.

Jy het ook aangenome kinders, was dit vir jou maklik om jou met die karakter te vereenselwig?

Ek wou die fliek vir my kinders maak, want dit wys jou ook die verskillende perspektiewe van die twee ma’s. Saroo het geglo hy het twee ma’s. Maar die uiteindelike boodskap gaan oor onvoorwaardelike liefde. Mense neem aan dat die aangenome ma bedreig sal voel deur die biologiese ma, maar uiteindelik is ons almal deel van mekaar se lewe.

My aangenome kinders weet hulle kan enige tyd na hul biologiese ouers gaan soek as hulle wou, en dat ek hulle altyd sal liefhê.

Het die fliek jou ’n ander perspektief gegee oor hoe jou kinders voel?

Ek het gedink dit is interessant dat Saroo bekommerd was om vir sy aangenome ma te sê dat hy sy ander ma wil gaan soek. Ek dink dis ’n baie delikate situasie, maar dit word goed hanteer in die fliek. Die regisseur, Garth Davis, het gesê wat hom opgeval het, was hoe sterk die ma’s is, en al is daar al heelwat flieks oor ma’s gemaak, het hierdie fliek regtig eer aan hulle betoon. Of jy self ’n kind in die wêreld gebring het of nie, dit maak nie saak nie, elke ma het ’n belangrike rol om te speel.

Jy en Keith is nou tien jaar getroud. Wat het die huwelik jou geleer?

Ek kan niks sonder hom doen nie. Ons verhouding is sterk en helend, en wanneer iets goeds met een van ons gebeur, voel dit asof dit met ons albei gebeur. Ek kan steeds nie glo dat ons mekaar in hierdie wêreld gevind het nie. Ek is so dankbaar vir hom. Hy is my steunpilaar. Met die maak van Lion kon ek heen en weer vlieg en het elke week tyd saam met my gesin deurgebring. Hulle is baie ondersteunend, en het ook ’n sê in wat ek doen. Ek het onlangs ’n rol in ’n Broadway-stuk gekry, maar my kinders wou nie hê ek moes dit doen nie, want ons sou vier maande in New York moes bly. Die vraag is gewoonlik of hulle kan kom, en of die katte kan saamgaan (lag) – dit het altyd ’n invloed op die werk wat ek doen. Die toneelstuk was ’n wonderlike geleentheid, maar ek is nie enkellopend nie, my gesin kom eerste. Ek is dankbaar dat ek kan kies wanneer ek wil werk of nie.

In Lion het Saroo en sy broer ’n sterk verhouding. Hoe na is jy aan jou suster?

Ek en Antonia het ’n baie hegte verhouding. Ek verstaan hoe die verhouding tussen broers en susters werk. Ek het haar na die eerste vertoning van Lion genooi. Vyftien minute nadat die fliek begin het, het sy in trane uitgebars en gesê: “Ek dink nie ek gaan dit tot die einde van die fliek maak nie!” (lag). Maar die fliek het ’n kinkel, en dit was goed om dit deur haar oë te sien. Ek weet nie wat ek sonder haar sou doen nie. Toe my pa oorlede is, het sy my gebel en ons het saam deur die verlies gewerk en mekaar deur die moeilike tyd gedra.

Bestaan hierdie band ook tussen jou eie dogters?

Ja, en wanneer ons reis, bly ons altyd saam. Hulle baklei ook nooit nie. Hulle leef in hul eie klein wêreldjie en is baie beskermend teenoor mekaar. Hulle verskil net twee jaar. Ek en Keith het al gedink elkeen van ons moet ’n dogtertjie op ’n ander vakansie neem, maar het gou besluit daar is geen rede waarom ons hulle – en ons – van mekaar moet skei nie.

Is jy ’n oorbeskermende ouer?

Ja, my oudste dogter sal soms vir my sê: “Mamma, dis nou genoeg!” (lag). Ek probeer om hulle sonder vrees groot te maak, selfs al speel hulle op ’n klimraam en ek is bang hulle val af, probeer ek my inhou. Ek dink elke ma kan haar daarmee vereenselwig – jy wil hulle van ’n afstand af beskerm sodat hulle hul eie pad ontdek en nie voel of hulle nie beheer het oor wat met hulle gebeur nie. Dis ’n fyn balanseertoertjie en soms kry my emosies die oorhand.

Die fliek handel ook oor identiteit. Wie is Nicole Kidman? Het jou Australiese agtergrond ’n invloed gehad op die mens wat jy vandag is?

Dis ’n groot deel van my identiteit. Albei my ouers is Australiërs, en hoewel ek in Amerika gebore is, is ons later terug Australië toe. Ek bly nou langer in Amerika as wat ek in Australië gebly het, en as iemand my vra wat my nasionaliteit is, is ek effens verward (lag). Maar dis ’n voorreg om albei kante van myself te ontdek.

Dis soms vir my swaar om my man te staan in moeilike situasies, want ek hou daarvan om mense gelukkig te hou, maar my man help my om sterk te staan en ondersteun my altyd.

Julle bly in Nashville. Mis jy Los Angeles?

Nee, glad nie. Ek hou baie van Nashville. Ek reis baie, maar Nashville is vir ons ’n goeie basis. Dis baie stil en ’n goeie gemeenskap om ’n gesin in groot te maak. Keith bly al 25 jaar lank hier. Ek het nie twee keer gedink toe hy my vra om hierheen te trek nie. Maar ek dink ek is ’n soort mens wat enige plek kan bly. Ek is nie geheg aan ’n omgewing nie, ek is meer geheg aan die mense in my lewe.

Waar is jy nou in jou lewe?

Ek is op my knieë uit dankbaarheid oor waar ek nou in my lewe is. Ek moet daaraan werk om op die hede te fokus, want soms spring my gedagtes na die toekoms toe, veral omdat ek my kinders eers later in my lewe gehad het, en ek bekommerd is dat ek nie eendag daar vir hulle gaan wees nie. So ek fokus op wat nóú gebeur en om dankbaar daarvoor te wees. Die hede is al wat ons het.

50 doen hierdie aktrises net so goed

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.