Niggies is op ware gebeure gegrond en speel in twee tydvakke af – in 1966 wanneer die twee niggies, Issie Fourie en Petro Nel, vermoor word, en in 1984 wanneer Issie se broer, André, alles in sy vermoë doen om uit te vind wie daarvoor betrokke was.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die Fouries
Marie (Tinarie van Wyk Loots) en Dries (Jacques Bessenger) keer terug na Suid-Afrika ná hulle vir ’n tyd in Zambië gewoon het. Hulle is ouers van twee kinders – André (Janru Steenkamp in 1966 en Beer Adriaanse in 1984) en Issie (Lana Vertue). Marie en die twee kinders woon by die Nels terwyl Dries op pad terug van Zambië is. Dries het twee susters, Ousus en Maks.
Die Nels
Ousus (Erica Wessels) en Henning (Neels Clasen) is Henda (Anja Taljaard in 1966 en Cintaine Schutte in 1984) en Petro (Izebella Louw) se ouers. Henda is in matriek in 1966.
Die Fouché’s
Gustaff (Albert Pretorius) en Maks (Roeline Daneel) woon op ’n plaas buite die dorp. Hulle is ouers van Poppie, wat aan die begin van die reeks met graad 1 begin. Lara Boshoff speel die rol van Poppie in 1966 en Jane de Wet speel die rol van Poppie in 1984. Maks is swanger met haar en Gustaff se tweede kind.
Niggies begin op 25 Maart om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.