kategorieë: KosJy kan

Nuttige wenke: partytjietyd

Die spyskaart

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Besluit eers hoeveel gaste jy wil nooi voor jy op die spyskaart besluit. Hoe meer mense jy nooi, hoe makliker moet jou spyskaart wees. Hou ook die tipe gaste en die seisoen in gedagte wanneer jy ’n spyskaart kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waar?

Waar jy jou partytjie gaan hou, hang af van die tipe partytjie, die weer, die hoeveelheid gaste en jou begroting. Wees bereid om ’n paar meubelstukke rond te skuif. Dek sommer ’n lang tafel in die gang. As ruimte ’n probleem is, omskep ’n ander vertrek in ’n kroeg. Bedien die verwelkomingsdrankies in die somer op jou stoep of patio

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry hulp

Vir elke twintig gaste het jy een kelner nodig. As jou kinders oud genoeg is, span hulle sommer in. Indien jy meer gaste het, kan jy die pligte verdeel. Kry een persoon wat die drankies bedien en een wat die kos bedien.

Sonde met die bureStel die bure in kennis dat jy ’n partytjie gaan hou. Gaan lewer ’n bos blomme of bottel wyn af met ’n geskatte tyd van wanneer die partytjie sal klaarmaak.

’n Krisis

As die hoofgereg ’n mislukking is, koop vis en tjips. Sit dit voor in koerantpapier met suurlemoenwiggies en mayonnaise. Anders kan jy jou beste pastagereg aanmekaarslaan. En jy kan steeds die sjampanje skink. Onthou, die saamwees en kuier is baie belangriker as ’n perfekte driegangete.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.