kategorieë: Ontspanning

Nuwe fliek: Hollywood in my huis

“Soms moet jy net aanvaar dat jou familie en almal om jou eintlik jou Hollywood is …” Met hierdie boodskap maak die fliek, Hollywood in my huis, gereed om eersdaags in teaters landswyd te open.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie romantiese komedie het op 31 Augustus 2014 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai aandag getrek en met drie toekennings weggestap: a) Kenners se keuse b) Gehoor-gunsteling en c) Gehoor-gunsteling aktrise (Christia Visser).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hollywood in my huis vertel die storie van ’n doodgewone matriek-meisie, Jana van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend en sy ouma, wat aan die verkeerde kant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos en haar ma bedryf ’n skoonheidsalon vanuit ’n karavaan in die voorplaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die volwassenes se drome is verpletter, tog styg Jana se drome vêr bo haar beskeie omstandighede uit. Dit is 2004 en haar matriekafskeid is om die draai. Wanneer sy op televisie sien hoe Charlize Theron die Oscar wen besluit sy daar en dan om haar matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet” glansgeleentheid te omskep.  ’n Besluit wat haar voor moeilike keuses te staan bring en forseer om met die werklikheid van die lewe kennis te maak. Sy is heimlik verlief op Brandon (Viljé Martiz) – die skool se hartebreker en tenniskampioen – en is vasbeslote om hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, selfs al het hy pas met die skool se populêrste meisie, Angelique (Leandie du Randt) uitgemaak. Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eens agter dat haar beste vriend, Frikkie, sy gevoelens vir haar probeer wys nie …

Hollywood in my huis tref die plaaslike silwerdoek op 26 Junie 2015. Kyk hier na die lokprent:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

22 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.