kategorieë: Ontspanning

Twee Oseane-marathon: Blog 6

OMTOM 25 Maart 2015

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As jy dink jy kan, kan jy”- Henry Ford

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wedrenne het die vreemde manier om ’n lewe van hul eie aan te neem. Soms oortref jy jou stoutste verwagtinge en soms duik jy lelik in die hek. En elite hardlopers word nie uitgesluit nie. Hoeveel keer lees jy nie van ’n buiteperd wat die gunstelinge in die stof laat byt nie? Of iemand wat bloot moes opdaag om die wedren op grond van vorige vertonings te wen en dan heel uitval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit laat jou wonder of jou kop of jou spiere jou aandryf. ’n Vorige hardloopafrigter het altyd gesê dat jy die eerste helfte van Comrades met jou bene hardloop; die tweede helfte hardloop jy met jou kop. Roger Bannister het dit in Mei 1954 bewys toe hy die eerste geword het om ’n myl (1600m) in onder vier minute te hardloop. Iets wat die kundiges gesê het onmoontlik vir die menslike liggaam is.

46 dae later doen ’n volgende hardloper dit. Hoekom? Hy het geweet dis moontlik. Nou hardloop mans hierdie afstand in 17 sekondes vinniger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die interessante ding van Roger Bannister se verstommende vertoning was dat hy ’n junior dokter was en bitter min tyd gehad het vir oefen. Hy het voor die tyd blykbaar visualisering gebruik om hom te oortuig dat hy seëvierend deur die lint kan bars.

Klink dit bietjie soos jou voorbereiding vir die OMTOM? Te besig en te min oefening? As jy teen hierdie tyd voel dat jou mikpunt totaal onrealisties is, dink weer. As Roger Bannister kon doen wat as onmoontlik gereken is, kan jy ook.

Neem elke dag ’n paar minute en sien jouself by die wegspring; vol selfvertroue en sterk. Sien hoe jy selfversekerd teen Southern Cross Rylaan uitstoom en sien jou onder die wennersboog harloop met die regte tyd op jou horlosie.

Ek gaan vir seker.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

46 mins Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

4 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

8 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.