Jonathan is die vervaardiger Sallas de Jager se eerste komedie. Hy is veral bekend vir periode-dramas soos Verraaiers, Roepman en meer onlangs Free State, wat regoor die wêreld tydens filmfeeste vertoon is en ook ’n paar internasionale toekennings ontvang het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jonathan is geïnspireer deur die gewilde Internet-sensasie Radioraps. Dit is ook Rikus de Beer – die man agter die skreeusnaakse en geliefde Jonathan-karakter – se debuut op die grootskerm.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Suid-Afrikaners kan hulself regmaak vir ’n skreeusnaakse rolprent stampvol insidente wat jou nog gaan laat giggel vir weke na jy die film gesien het. Dis ’n komedie wat jou hardop sal laat lag, tesame met ’n coming-of-age storie waarby almal aanklank sal vind,” sê de Jager.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Behalwe vir Rikus de Beer sluit die rolverdeling bekroonde akteurs in, soos Brümilda van Rensburg, Paul Eilers, Anel Alexander, Jacques Bessenger, Eric Nobbs, Rika Sennett, Albert Pretorius, Frank Opperman, Lizz Meiring en Beate Opperman.
Jonathan word op 2 Desember 2016 in fliekteaters landwyd vrygestel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Volg Radioraps se Facebook-blad vir meer inligting.
Kyk hier na die lokprent:
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.