kategorieë: Skoonheid

Ashley Graham, die mooie plusgrootte model

#Dienuwemooi trend gaan oor selfvertroue en om die beste te maak van dit wat jy reeds besit, en natuurlik om van jouself te hou. Plusgrootte model Ashley Graham is ’n baie goeie voorbeeld en voorstander hiervan. Met haar selfvertroue en skaamtelose houding, inspireer sy duisende vroue wat haar veral op Instagram volg. Volg haar by @theashleygraham

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Plusgrootte-swembroekreeks swimsuitsforall.com het in 2015 vir Ashley in ’n advertensie vir hul #swimsuitsforall-veldtog gebruik, waarna Ashley een van die eerste groter modelle geword het wat ooit in die tydskrif Sports Illustrated verskyn het. Die wêreld het dit raakgesien en gehou waarvan hulle sien, soveel so dat sy in 2016 op die voorblad van Sports Illustrated se jaarlikse swemklere-uitgawe pronk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

By hierdie foto op haar Instagram-blad sê sy die volgende: “Waarlik sprakeloos. Hierdie voorblad is vir elke vrou wat gevoel het sy is nie mooi genoeg nie oor haar grootte. Jy kan enigiets regkry wat jy besluit om te doen.”

Kyk net hoe pragtig lyk sy op Cosmopolitan se voorblad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het ook op Elle Kanada se Okotber 2016-voorblad verskyn.

Sy (en miljoene aanhangers), sien haar as ’n aktivis vir ’n gesonde liggaamsbeeld. Sy het ook saam met Addition Elle haar eie onderklere-modevertoning tydens die New York-modeweek gehou, waarin sy en verskeie ander plusgrootte modelle in sensuele onderklere verskyn het.

Kyk ook na hierdie video:

“I believe sexy is a state of mind; find your beauty beyond your size.” – Ashley Graham

Kyk ook  na Ashley se advertensie oor haar onderklere hier.

Die onderklere is ongelukkig nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar as jy dit baie graag wil hê, kan jy dit by haar aanlynwinkel koop. Dit word in Suid-Afrika afgelewer.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.