kategorieë: KalenderOntspanning

Nuwe musiekblyspel, Calling Me Home

Johannesburgse gehore moet gereedmaak vir ’n groot bederf want die wêreldpremière van die nuwe musiekblyspel, Calling Me Home, vind plaas op 17 Augustus op die Mandela-verhoog by die Joburgteater. Dit duur tot 3 September 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Calling Me Home is ’n liefdesverhaal wat handel oor hoop, moed, verlange en deernis waarby elkeen sal aanklank vind. Die storie handel oor Grace, ’n jong vrou wat uit haar geboorteland moet vlug as gevolg van ’n burgeroorlog wat uitbreek. Haar reis neem haar oor die see, tot in ’n groot stad in die vreemde. In hierdie nuwe gemeenskap ervaar Grace groot vreugde én gevaar. Sy raak ook halsoorkop verlief en leer die ware betekenis van “tuiste” ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Geskryf deur Alice Gilham en met regie deur Magdalene Minnaar is hierdie ’n gepaste produksie vir vrouemaand want Calling Me Home is die verhaal van drie vroue wat elkeen hul eie krag ontdek. Die hoofrolle word vertolk deur Lynelle Kenned (Grace) wat te siene was as Maria in die onlangse West Side Story-opvoering. Zolani Mahola, voorsanger van Freshlyground vertolk die karakter van Lindiwe. Samantha Peo (Isabella) wat al gespeel het in opvoerings van Cabaret en Thoroughly Modern Milly is die derde hoofkarakter. Ander karakters sluit in Anthony Downing (van Phantom of the Opera-faam) as Rafael, Michael McMeeking (van die onlangse Joseph and the Technicolour Dreamcoat) as Ben, en Musanete Sakupwanya (’n jazz-sanger wat met groepe soos die Charl du Plessis trio optree) as Nelson.

Twee liedjies is reeds vrygestel as ’n voorsmakie. Luister hier daarna:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

youtu.be/qdgHvl8axUI

youtu.be/qdgHvl8axUI

Meer inligting

Calling me Home draai by die Joburgteater van 17 Augustus tot 3 September 2017.

Optredes is as volg:

Dinsdae tot Vrydae: 20h00

Saterdae: 15h00 en 20h00

Sondae: 14h00

Kaartjies kos tussen R180 en R420 en is aanlyn beskikbaar deur Webtickets of by joburgtheatre.com. Die kaartjiekantoor kan ook gebel word op 0861 670 670 vir besprekings. Indien daar bespreek word vir ’n groep van meer as 10 mense, skakel die Joburg-teater se kaartjiekantoor by 011 877 6853/4.

Die opvoering duur ongeveer 2 ure en 20 minute, uitsluitend ’n interval.

Daar is ’n ouderdomsbeperking van 12 as gevolg van die sensitiewe aard van sekere van die tema’s wat behandel word in die blyspel.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.