kategorieë: LeesOntspanning

Grieta, hoofstuk 7

Magriet se foon het drie-uur die oggend gelui. Dit was Mariaan. Sy het vreesbevange en huilerig geklink. “Jy en Erik moet my kom help!” Magriet kon harde houe teen ’n deur hoor,  ’n knarsgeluid en toe word Mariaan se foon doodgedruk. Lam van skok het sy vir Erik gebel. “Dink jy ons moet die polisie bel? Dalk is dit ’n huisroof!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met hul aankoms in Rossstraat, Darrenwood, was die huis se ligte almal aan en die voordeur het oopgestaan. Erik het Magriet in die kar laat wag en met sy pistool ingegaan. Hy het Mariaan in die badkamer gekry. Die deur was oopgeskop. Sy het in die klein gaping tussen die toilet en die muur ingekruip. Sy was flenters geslaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Waar is Willem? Is julle beroof?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Willem het gery. Waar is Magriet?” Mariaan het gebewe soos iemand wat aan skok ly.

“Was hier rowers?” Mariaan het haar kop ontkennend geskud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wat het dan gebeur?”

“Willem. Julle moet my hier uit kry voor hy terugkom.”

Erik het Mariaan in ’n kombers toegedraai en Magriet gaan roep.

“Hier is groot moeilikheid, Grieta. Ek dink Willem het Mariaan geslaan.”

Magriet was geskok. Nie Willem nie. Nie gawe vreedsame Willem nie. Willem is ’n kerkman. ’n Pilaar van sy gemeenskap. ’n Liefdevolle man.

Mariaan het onbedaarlik begin huil toe sy haar vriendin sien.

“Willem het weer uitgehaak,” het sy verduidelik.

“Hoe bedoel jy weer uitgehaak?”

Mariaan se damwal het gebreek. Sy het vertel van die jarelange emosionele en fisieke mishandeling agter die toe deure van haar en Willem se “white picket fence”-huis. Sy het die geheim dig bewaar en vir die gemeenskap, kollegas en vriende het dit gelyk of Willem en Mariaan die ideale paartjie is. Jan-Hendrik het ook onder sy pa deurgeloop, maar nooit ’n woord teenoor sy beste maat, Jaco, of enigiemand gerep nie.

Magriet het ontnugter en geskok na haar vriendin se tsoenami van woorde geluister. Sy het Mariaan al die jare haar wonderlike man beny. Dit het gelyk of Willem vir Mariaan aanbid.

Mariaan was hewig onsteld toe die polisie opdaag.

“Hoekom het julle dit gedoen? Willem gaan woedend wees!”

Hulle kon die vrees op haar gesig sien.

“Hy het jou aangerand en verniel! Ons sal jou hospitaal toe moet neem en hulle sal ook wil weet wat gebeur het.”

“Willem het ’n doktersvriend. Ek gaan altyd na hom toe. Laat die polisie asseblief gaan. Dit sal dinge vererger.”

Erik het Mariaan probeer oortuig om ’n klag van aanranding te lê, maar sy wou nie. Sy wou ook nie hospitaal toe gaan nie. Sy wou die volgende oggend na Willem se doktersvriend gaan. Hy lap altyd weer haar lyf aanmekaar.

“Hy sal verstaan, hy help my altyd. Kan ek net vanaand by jou kom slaap tot Willem bedaar het? Asseblief, Magriet. Môre is Willem weer kalm en dan is als weer ok.”

Magriet het haar vriendin styf vasgedruk. “Hoe lank gaan dit al so aan? Hoekom het jy nooit gepraat nie?”

Mariaan het op haar wittebrood haar eerste “tugtiging” gekry. Dis soos Willem dit genoem het. Sy jong bruid het haar tanbeborsel en tandepasta op die wasbak gelos. Vir die pynlik netjiese Willem was dit reg om sy bruid oor sy skoot trek en haar ’n paar harde houe op die agterstewe gee. Daarna het hy sy huweliksreg opgeeïs asof niks verkeerd is nie. Mariaan het daarna geweet sy moet lig trap om Willem. Sy het van die begin af geweet dat sy,die huis, en Jan-Hendrik eksie perfeksie moet wees. Sy het geweet as sy uitpraat, sal sy getugtig word. Haar selfbeeld was later so laag dat sy begin dink het sy is die slordigste mens op aarde en sy het iemand soos Willem nodig om haar in toom te hou. Willem het altyd ná ’n tugtiging ’n geskenk of bederfie gebring. Dis hoekom sy so ’n unieke versameling juweliersware het.

“Ek is met goud en diamante beloon vir my goeie gedrag. Ek het die kuns bemeester om elke keer weer te kan aangaan na ’n strafsessie. Willem het reëls gehad wat ek en Jan-Hendrik moes gehoorsaam. Elke middag, voor Willem huis toe kom, het ek en my kind deur die huis geloop en elke mat se rafels reggetrek. Die ketel moes perfek van oos na wes wys. Die speserybottels alfabeties, die koffiebekers soos soldate almal met die oor na wes, presies reg gespasieer. ’n Vars handdoek vir Willem elke dag. Elke dag vars lakens op die bed. Sy hemde se nate met presisie volgens sy voorskrifte gestryk. Ek mag nooit ’n bediende aangehou het nie. Willem kan nie iemand anders in sy persoonlike ruimte verduur nie.”

Erik en Magriet het geskok gesit en luister. Magriet het Mariaan se wonde probeer dokter. Mariaan het ’n ongelooflik volledige eerstehulpkissie gehad. Gereed vir die dokter van snye en kneusings.

Die polisie is weg en het ’n ope uitnodiging gelaat dat Mariaan welkom is om die volgende dag ’n klag te kom lê.

Die lig het skielik vir Magriet aangegaan. Sy kon nie glo dat sy al die jare so blind was vir haar vriendin se omstandighede nie. In hul vriendekring was dit al ’n gespot dat Mariaan die grootste ongeluksvoël denkbaar is. Sy is die een wat altyd in deurkosyne vasloop en van trappe af val.

“Sy is mos altyd haastig en kyk nie waar sy loop nie. ’n Regte ou lomperd, my Mariaan. ’n Ongeluk wat ’n plek soek om te gebeur,” so het Willem altyd oor sy vrou se wonde en blou kolle gespot.

Erik het Mariaan probeer oortuig om van Willem te skei en ’n interdik teen die vroueslaner te kry. As prokureur het hy al ’n hele paar gevalle soos Mariaan hanteer.

“Jy weet hy sal nooit ophou nie? Hy sal jou weer slaan. Moenie toelaat dat hy jou so verniel nie. Jy is nie ’n uitsondering nie, Mariaan. Jy verdien nie om so deur ’n boelie mishandel te word nie. Allamagtag, ek kan nie glo hy dink wat hy doen is reg nie. Asseblief, Mariaan, ek weet hoe om jou te help.”

By Magriet se huis het hulle Mariaan in die bed gesit en Erik het oorgebly ingeval Willem Mariaan kom soek.

Hy en Magriet het lank by die kombuistafel gesit en ’n paar potte tee gedrink. Magriet het haar pyp gestop om die skokkende gebeure van die aand te verwerk.

“Ek wens ek kan hom gaan voorlê en hom donner. Die opperste vark. Skeinheilige vreksel. Kamma altyd so voorbeeldig. Verfoeilike front teenoor die gemeenskap en by die huis verniel hy sy vrou en kind. Ons moet aan haar werk om uit die ding te kom. Ek sal aan ’n paar planne dink, Grieta.”

Magriet het haar pyp vir Erik aangegee. Hy het ’n paar trekke gemaak om sy senuwees ook te kalmeer.

“Onthou jy hoe ek en jy en Mariaan een aand in ons jonger dae gaan uiteet het om iets te vier? Daardie aand toe ons so effe gekletter geraak het op sangria by Nino’s?”

Magriet kon die aand goed onthou. Stoffel was woedend oor sy ná twaalf eers by die huis gekom het en het haar uitgetrap oor haar slegte vriende.

“Daardie volgende middag het ek Kaap toe gevlieg. Ek het Mariaan op die lughawe gekry. Jy weet mos hoe baie sy by haar suster in die Kaap gaan kuier? Gereeld? Sommer onverwags?”

Magriet het ge-puff puff aan haar pyp. Dinge het vir haar baie duideliker geword.

“Mariaan was nogal skaam toe ek haar op die lughawe raakloop. Sy het my eers probeer vermy. Sy het ’n donkerbril gedra en haar arm was in gips. Sy het van al die sangria weer nie gekyk waar sy loop nie. Toe val sy van hulle huis se trappe af … Die bliksem.”

Magriet het steeds aan haar pyp ge-puff. Trane het by haar wange afgeloop. Sy en Mariaan het hul kinders saam grootgemaak. Hulle het soveel wonderlike tye saam gehad.

“Sy het nooit gepraat nie. Ek kan dit nie verstaan nie, Erik. Sy het nooit gepraat nie.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

14 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

22 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

23 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.