Nuwe rolprent bied ’n kykie in die verbeeldingswêreld van Emily Brontë

Emma Mackey speel die rol van Emily, wat uitgebeeld word as ’n rebel wat nie inpas nie. Die jong aktrise het die kans geniet om so ’n geliefde karakter aan te pak: “Daar is iets magies omtrent die Brontë-gesin. Hulle is soortvan onaantasbaar, veral Emily. Sy is hierdie geheimsinnige figuur, en ek hou daarvan dat ons haar inkleur en vir haar ’n karakter, ’n persoonlikheid en ’n stem gee en haar ’n lewende vrou maak, in teenstelling met hierdie figuur uit die geskiedenis.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

EMILY begin met ’n nuweling, William Weightman (Oliver Jackson-Cohen), wat na die afgeleë dorpie Haworth toe kom. Sy koms ontwrig nie net verrigtinge nie, maar veroorsaak emosionele rimpelings wat momentum kry soos die verhaal ontvou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Brontë-meisies is aanvanklik nuuskierig oor are William, maar verloor gou belangstelling. Dinge begin egter verander wanneer William die taak kry om vir Emily – wat wild, vry en kwaai onafhanklik grootgeword het – Franse lesse te gee, wat ’n intense en verhouding tot gevolg het.

Benewens hierdie verbode en uiteindelik gedoemde liefde, wat die skryf van Wuthering Heights geïnspireer het, ondersoek die film die verskillende verhoudings wat Emily se lewe gevorm het, veral haar rou, passievolle susterskap met Charlotte (Alexandra Dowling) en Anne (Amelia Gething), en haar omgee vir haar ongenaakbare broer Branwell (Fionn Whitehead), wat sy verafgod. Adrian Dunbar en Gemma Jones is ook in die fliek te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Basies is EMILY ’n storie oor volwassenheid – oor ’n vrou wat haar eie stem en krag in die wêreld moet ontdek.

“Emily het baie wat in haar lewe gebeur,” verduidelik Mackey. “Aan die begin is sy ’n skugter en oplettende meisie. Sy soek haar pa se goedkeuring en weet nie wat haar plek in die familie of wêreld is nie. Sy is nuuskierig en wil stories vertel. Met die verloop van die film sien ons hoe sy groei en verhoudings met haar broer en William vorm. Haar verhouding met haar susters ontwikkel en verander, asook haar verhouding met haarself, haar verbeelding en haar selfvertroue.”


EMILY is O’Connor se eerste poging as die regisseur van haar eie draaiboek. “Daar was dinge in Emily se lewe waarby ek aanklank gevind het,” sê sy. “Die idee is geïnspireer deur sekere dinge wat ek dink tematies is van ‘Wuthering Heights’ en haar lewe, waarmee ek, en baie vroue, kan vereenselwig.” Met die skep van die draaiboek, vermeng O’Connor historiese feite oor die Brontës se lewe met Emily se verbeeldingswêreld. “Ek kon ’n biografie gemaak het, maar het gevoel dat dit al gedoen is. Ek het meer belanggestel om maniere te vind om Emily te vier op ’n manier wat aan ‘Wuthering Heights’ verbind en ’n sterker narratief het wat jou aan ’n feëverhaal herinner.”

Die toneelspel in EMILY is pragtig, met liefde verfilm en met passie uitgedink. Dit neem die gehoor of ’n reis wat aanvanklik bekend voel vir Brontë-bewonderaars, maar wat ’n vars perspektief bied op een van die mees geheimsinnige skrywers deur diep in Emily se psige, en diegene rond haar, te delf soos wat sy ontdek wie sy regtig is en waar sy moet wees.

Dié rolprent is ’n móét vir Brontë-aanhangers, Wuthering Heights-liefhebbers, literatuurstudente en boekwurms.

EMILY word plaaslik versprei deur Filmfinity Pty (Ltd.) en sal op 11 November in Suid-Afrikaanse bioskope te sien wees.

Lees ook: Fraksie: Skitter-rolverdeling vir nuwe kykNET-drama

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.