kategorieë: Gesondheid

Oefen vir ferm boude

Die boudspiere (gluteus medius en gluteus maximus) en die vetlagie bo-oor, bepaal die vorm van jou sitvlak. Trappe klim en hardloop is almal goeie oefeninge vir dié spiere, maar die volgende kragoefeninge fokus spesifiek op die spiere. Spring nou weg vir ’n mooi geronde voorkoms vir die somer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Variasie op brug

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lê op jou rug met jou bene heup-wydte uit mekaar en knieë gebuig. Lig nou jou een voet van die grond en hou jou been reguit. Lig nou jou sitvlak (terwyl jy jou been gelig hou) sodat jou borskas , heupe en knieë ’n reguit lyn vorm. Trek jou boude en maagspiere vir tien tellings saam. Herhaal tien keer en doen dit dan aan die ander kant. Doen drie stelle met elke been en vermeerder wanneer jy sterker is.

2 Sydelingse beenlig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lê op jou sy met enkels mooi op mekaar en steun jou bolyf met jou arms. Jou heupe moet regop bly. Dus nie vorentoe of agtertoe sak nie. Lig nou jou been stadig op en laat sak. Hou jou bolyf stil. Herhaal tien keer en draai dan op jou ander sy om ander been te oefen. Doen drie stelle met elke been en vermeerder wanneer jy sterker is.

3 Hondjie beenlig

Hou jou knieë heupwydte uit mekaar en jou hande direk onder jou skouers met reguit elmboë. Lig die een knie stadig op. Herhaal tien keer met elke been. Doen drie stelle met elke been en vermeerder wanneer jy sterker is. *As variasie kan jy die knie oplig en dan vorentoe bring.


4 Sydelingse hurk

Begin met bene bymekaar en gee ’n groot tree na die kant en sak af. Solank die knie van die gebuigde been nie verby die voet beweeg nie. Doen tien en herhaal aan die ander kant. Doen drie stelle met elke been en vermeerder wanneer jy sterker is.

Lees ook: Oefen jouself jonger

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

27 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.