kategorieë: GebakKos

Okkerneut-en-korente- kersbroodjies

Genoeg vir 8 broodjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 500 g koekmeel + ekstra
  • 5 ml (1 t) sout
  • 10 g (1 sakkie) kitsgis
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 375 ml (1 ½ k) louwarm water
  • 100 g okkerneute, gekap
  • 100 g korente
  • 2 pruime
  • 2 trossies rooi druiwe
  • 4 vye

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Meng die koekmeel, gis en sout. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot die deeg bymekaar kom.
  2. Voeg die okkerneute en korente by en knie vir sowat 10 min. Laat vir 30 min. op ’n warm plek rys. Knie af en verdeel in 8 ewe groot balletjies. Bedek met ’n klam vadoek.
  3. Vryf die ekstra meel in die vesels van 8 lapservette in. Sit elke meelservet oor ’n nageregbakkie en ’n bolletjie deeg in elk. Laat op ’n warm plek rys.
  4. Voorverhit die oond tot 220 °C. Bestrooi ’n bakplaat liggies met meel.
  5. Keer die broodjies versigtig op die bakplaat uit sonder om die meellaag te versteur en sny ’n diep kruis in elk. Verdeel die druiwe, pruime en vye tussen die broodjies en druk in die middel van die deeg in. Bak vir 10 min. in die warm oond. Spuit ná 5 min. die sykante van die oond met water om ’n krakerige kors te verseker.
  6. Verlaag die hitte na 200 °C en bak nog 30 min. of tot gaar. Spuit elke 15 min. weer water aan die kante van die oond. Sit warm voor met plaasbotter.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.